Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
KYK: Bryson se spierkrag een te veel vir drywer

Bryson DeChambeau het sy drywer die laaste paar maande met soveel mag en mening geswaai, dat dit bloot net ’n kwessie van tyd was voordat hierdie spiertier-gholfspeler se stok in twee sou spat.

Daar kon ’n klapgeluid gehoor word toe hy sy bofhou op die sewende putjie in die eerste ronde van die PGA-kampioenskap op Harding Park in San Francisco geslaan het. Die kop van die stok het afgebreek toe hy daarop geleun het om sy pennetjie op te tel.

“Ek dink dit is al die swaaie wat ek oor laaste tyd daarmee geslaan het,” het DeChambeau laggend oor sy stukkende drywer gesê terwyl hy van die bof gestap het nadat die bal 270 m verder in die ruveld geëindig het.

Bryson DeChambeau bekyk sy stukkende drywer tydens die eerste ronde van die Amerikaanse PGA-kampioenskap in San Francisco. Foto: AP

Hy het 10 kg se spierkrag vanjaar bygesit en dit is een van die groot besprekingspunte van die gholfwêreld sedert die PGA-reeks ná die koronaviruspandemie hervat het. Hy is nou baie meer gespierd en slaan die bal aansienlik verder vanaf die bowwe.

Aangesien die stok nie gebreek is in ’n woedebui nie, het die reëls DeChambeau toegelaat om te vra vir ’n plaasvervangerstok en iemand van sy span het dit gaan haal voordat hy sy volgende bofhou moes speel.

“Die stok het gebreek weens slytasie oor die afgelope ruk,” sê hy.

“Hierdie materiaal gaan nie vir altyd hou nie, maak nie saak hoe sterk jy dit maak nie, maar daardie stok het die afgelope jaar gehou waar ek dit teen meer as 200 myl per uur geswaai het. Ek dink dit het heel goed gehou.” – Reuters

Meer oor:  Pga-Kampioenskap  |  Gholf  |  Bryson Dechambeau
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.