Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
KYK: Fleetwood en kie deins nie terug voor Tiger
Tommy Fleetwood glo vanjaar se skouspel by Le Golf National in Parys kan een van die beste Ryderbekers ooit wees. Foto: Getty Images

Die teenwoordigheid van die legendariese Tiger Woods en Phil Mickelson in Amerika se span vir die Ryderbeker-stryd sal nie die debutant Tommy Fleetwood of enige van sy Europese spanmaats intimideer nie.

Die Ryderbeker, ’n tweejaarlikse gholfstryd tussen Amerika en Europa, word van 28 tot 30 September in Parys, Frankryk, op die Le Golf National-baan gespeel.

Fleetwood glo sy spanmaats se kennis van Woods en Mickelson en hul tuisveldvoordeel versterk hul kanse om die Ryderbeker by Amerika terug te wen.

“Die meeste ouens in Europa se span speel weekliks in toernooie saam met Phil en Tiger,” het Fleetwood in ’n onderhoud gesê.

“ ’n Mens kan nie ontken dat hulle twee van die beste gholfspelers in die geskiedenis is nie, maar wanneer ’n mens teen mekaar meeding, is hulle net nog spelers. Dit maak nie saak wie dit is nie.

“Dit maak regtig geen verskil aan ons nie. Die baie meer ervaring sal hulle dalk help omdat hulle al in soveel Ryderbekers gespeel het, maar dit sal geen verskil aan ons maak nie.”

Die Amerikaners sal in Parys probeer om vir die eerste keer sedert 1993 op Europese bodem te wen en Fleetwood meen die feit dat die tuisspan se spelers so gereeld op Le Golf National speel, is ’n voordeel.

“Dit kan geen kwaad doen om op ’n baan te speel waarop ons Europeërs al so baie gespeel het nie.

“Dis moeilik om te sê of dit ’n verskil sal maak aan die wêreld se beste spelers wat gewoond is daaraan om op die groot verhoog te speel. Maar die feit dat ons in Europa speel, sal ’n verskil maak vir ons.”

’n Mens kan nie ontken dat hulle twee van die beste gholfspelers in die geskiedenis is nie, maar wanneer ’n mens teen mekaar meeding, is hulle net nog spelers. Dit maak nie saak wie dit is nie
Tommy Fleetwood

Europa het die vorige Ryderbeker op Hazeltine National met 17-11 verloor. Fleetwood verwag ’n veel mededingender vertoning deur sy span in Parys.

“Ek dink albei spanne lyk vanjaar fantasties op papier. Ek weet daar word baie gepraat oor hoe goed die Amerikaanse span is en daar is geen twyfel nie dat hulle ’n ongelooflike span het.

“Ek glo eerlik dit kan een van die beste Ryderbekers ooit wees. Ons het ’n baie goeie spangees en ek dink ons het ’n goeie kans.” - Reuters

Meer oor:  Tiger Woods  |  Phil Mickelson  |  Tommy Fleetwood  |  Ryderbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.