Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Ryderbeker-hoop op Tiger, Phil

Tiger Woods en Phil Mickelson se middelmatige vertonings in die Ryderbeker-kompetisie het Jim Furyk, kaptein van die Amerikaanse span, nie daarvan laat afsien om hulle in sy groep in te sluit nie.

Woods, wat wêreldgholf vir so lank oorheers het, was nog net een keer uit sewe pogings (in 1999) aan die wenkant teen Europa.

Hoewel Mickelson die VSA al drie keer gehelp het om die Ryderbeker te verower, was hy in ál vyf toernooie in Europa aan die verloorkant.

Furyk het ervaring en goeie spelpeil voorop gestel met die 24-jarige Bryson DeChambeau, wat die afgelope twee toernooie in die Amerikaanse PGA-reeks gewen het, wat sy derde kapteinskeuse is.

Die VSA sal die beker van 28 tot 30 September op die Le National-baan in Parys teen Europa verdedig.

“Ek het die unieke uitdaging in ag geneem. Ons gaan oor soontoe na die onbekende en dit gaan ’n interessante skare wees.

“Ek het baie respek vir hulle (Woods en Mickelson) en ek soek spelers wat die situasie sal kan hanteer en die uitdaging omarm,” het Furyk gesê.

Hy het groot lof vir die 14-malige major-wenner Woods, wat ’n rol as onderkaptein gekry het.

“Dit is ’n voordeel om sy bystand te hê en een van die heel grotes van die spel se kundigheid en kennis te gebruik.

“Ons is almal opgewonde om te sien dat hy weer fiks is en so goed speel.”

Die 42-jarige Woods het weens rugbeserings nie in die laaste twee toernooie gespeel nie.

Hy het gesê sy insluiting is “verby spesiaal”.

Phil Mickelson (links) en Tiger Woods op ’n mediakonferensie waar hulle aangewys is as twee van Jim Furyk se kapteinskeuses in die VSA se span vir die Ryderbeker-kompetisie. Foto: Getty Images

“Ek was ses jaar gelede lid van hierdie span (as speler). Dit is ’n eer om weer te kan speel.

“Die span is vol jong spelers in hulle 20’s. Dan is daar ’n ongelooflike veteraan soos Phil, wat al om die Ryderbeker meegeding het nog voordat van sy spanmaats gebore is.

“Daar is ’n wonderlike mengsel in die span en ek is baie opgewonde,” het Woods gesê.

Furyk het ook bekend gemaak dat David Duval, Zach Johnson, Matt Kuchar, Davis Love III en Steve Stricker sy nie-spelende onderkapteins in Parys sal wees.

Hy sal sy laaste kapteinskeuse Maandag aanwys.

Die Amerikaanse span sien tans so daar uit: Brooks Koepka, Justin Thomas, Dustin Johnson, Patrick Reed, Bubba Watson, Jordan Spieth, Rickie Fowler,

Webb Simpson, Tiger Woods, Phil Mickelson, Bryson DeChambeau. – Reuters

Meer oor:  Tiger Woods  |  Phil Mickelson  |  Im Furyk  |  Ryderbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.