Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
KYK: Hideki se joggie gryp verbeelding aan

Hideki Matsuyama se joggie, Shota Hayafuji, se gebaar van respek maak net soveel opslae soos die nuwe Meesters-kampioen se vertoning die afgelope naweek op die Augusta National-baan in Georgia.

Hideki Matsuyama se joggie, Shota Hayafuji, se eerbetoon aan die roemryke Augusta National-gholfbaan het die sportwêreld gaande.

Die 29-jarige Japannees het Sondag met een hou geseëvier en sodoende die eerste Asiatiese gholfspeler geword wat die Amerikaanse Meesterstoernooi wen. Matsuyama het die 18de putjie met trane in sy oë verlaat nadat hy die titel beklink het, maar Hayafuji het op die setperk agtergebly.

Terwyl byna al die aandag op Matsuyama gevestig was terwyl hy sy oorwinning gevier het, het sy getroue joggie plegtig die vlagstok in die putjie teruggeplaas, sy hoed verwyder en in die rigting van roemryke baan gebuig.

Dié gebaar van respek het die sportwêreld en gholfaanhangers op sosiale media gaande. Matsuyama was ook mal oor Hayafuji se eerbetoon.

“Toe ek daardie laaste sethou voltooi, het ek nie regtig aan enigiets anders gedink nie,” sê Matsuyama.

“Maar toe ek my joggie, Shota, sien en hom druk, was ek baie bly vir hom, want dit was sy eerste oorwinning as my sakdraer.

“Daarna het dit begin insink – die vreugde om ’n Meesters-kampioen te wees.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Amerikaanse Meesterstoernooi  |  Meesters  |  Gholf  |  Pga  |  Hideki Matsuyama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.