Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Kyk: Player, Matfield oefen stembande op gholfbaan

Die gholflegende Gary Player het kragte gesnoer met Westlife se Brian McFadden en Boyzone se Keith Duffy vir gholf se weergawe van saamryklub-karaoke.

Die Suid-Afrikaner het Maandag die Gary Player-uitdaagtoernooi by die Saadiyat-buiteklub in Abu Dhabi aangebied, met amper 100 beroepspelers, glanspersoonlikhede en sportsterre wat die geleentheid bygewoon het.

Die toernooi samel fondse in ten bate van The Player Founda­tion, met groot name soos Trevor Immelman, Darren Clarke, Ricky Ponting en Brian Lara wat teenwoordig was.

In die video sing gaste soos die Suid-Afrikaanse gholfspeler Thomas Aiken, Engelse gholfspeler Chris Wood en voormalige Springbok Victor Matfield hul gunsteling liedjies saam met McFadden en Duffy terwyl hulle in ’n gholfkarretjie rondrits.

Matfield het selfs laat waai met Kurt Darren se “Kaptein (span die seile)”, tot groot vermaak van die Ierse sangers.

– Sport24

Meer oor:  Gholf  |  Victor Matfield  |  Gary Player
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.