Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
KYK: Rahm se merkwaardige kolhou

Jon Rahm het Dinsdag vir die tweede dag agtereenvolgens ’n volmaakte kolhou op die Augusta National-baan behaal.

Jon Rahm (regs) en sy joggie (middel) vier die Spanjaard se kolhou terwyl Rickie Fowler (links) toekyk. Foto: Getty Images

Minstens dié keer het die televisiekameras gerol, al was daar geen toeskouers om die praghou te vier nie.

Die Spanjaard het op sy 26ste verjaarsdag by die syfer drie 16de aangemeld om ’n toertjie-hou te poog wat deel is van tradisie van die Amerikaanse Meesterstoernooi-oefenronde.

Rahm speel sy hou sodat die bal op die water “wip” – sommer drie keer – voordat dit op die setperk beland.

Van daar rol dit waar dit die helling perfek tref en uiteindelik in die putjie val.

Sy bal was aan die beweeg vir 20 sekondes en die opwinding het toenemend opgebou soos dit nader aan die putjie gerol het.

Onder normale omstandighede sou duisende toeskouers in die omtrek saamgedrom het, maar hulle afwesigheid weens kommer oor die Covid-19-pandemie het beteken dat slegs ’n handjievol mense daar was om Rahm toe te juig.

Rahm was oorstelp terwyl sy oefenmaat Rickie Fowler geskaterlag het in ongeloof.

Die major, wat in April uitgestel is weens die koronavirus-pandemie, begin Donderdag.

Daar sal twee voormalige kampioene onder die sewe Suid-Afrikaners wees wat in die toernooi speel, Trevor Immelman (2008) en Charl Schwartzel (2011).

Christiaan Bezuidenhout en Erik van Rooyen maak hul debuut op Augusta, terwyl Dylan Frittelli, Justin Harding en Louis Oosthuizen ook in aksie is.

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Jon Rahm  |  Amerikaanse Meesterstoernooi  |  Meesters  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.