Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
KYK: Garrick Higgo wen sy 1ste PGA-titel

Garrick Higgo het Sondag by die Congaree-gholfklub in Ridgelan, Suid-Carolina, sy eerste oorwinning in die PGA-reeks behaal.

Garrick Higgo van Suid-Afrika het Sondag sy vierde titel in minder as ’n jaar gewen. Foto: Getty Images

Dié 22-jarige hotklou van Stellenbosch het in slegs sy tweede toernooi in die reeks met een hou in die Palmetto-kampioenskap geseëvier.

Higgo, wat in sy eerste poging in die reeks 64ste in die PGA-kampioenskap geëindig het, het sy laaste ronde in 68 houe voltooi, drie onder baansyfer, en die toernooi op -11 afgesluit.

Dit is Higgo se vierde titel in minder as ’n jaar ná sy deurbraak-sege in die Europese reeks se Portugese Ope in September.

Hy het daarna binne ’n kwessie van twee weke aan die einde van Mei en die begin van April die Gran Canaria Lopesan Ope gewen en die Kanariese Eilande-kampioenskap beklink.

Albei hierdie seges, ook dié in die Europese reeks, het hom onder die boonste 100 op die wêreldranglys laat opskuif en ’n plek in sy eerste major-toernooi, die PGA-kampioenskap, verseker.

Higgo, wat van Donderdag af in die Amerikaanse Ope meeding, is nou tot aan die einde van die 2023-seisoen ’n volwaardige lid van die PGA-reeks. Hy bevind hom ook nou onder die top-50 op die ranglys en sal waarskynlik (saam met Louis Oosthuizen) Suid-Afrika se ander verteenwoordiger op die Olimpiese Spele wees.

• Erik van Rooyen (65-71-72-68) het in die gesamentlike tiende plek geëindig.

UITSLAE

– Sportredaksie

Meer oor:  Gholf  |  Europese Reeks  |  Garrick Higgo  |  Pga-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.