Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Speler noem bisarre sethou ‘Die Slak’

Mark Hubbard het die naweek by die American Express-toernooi besluit om op die laaste putjie ’n bietjie pret te hê nadat hy besef het hy is gedoem om onder die valbyl te val.

Mark Hubbard het vir groot vermaak gemaak gesorg in die gholfwêreld met sy vreemde sethou. Foto: Skermgreep

Die Amerikaner het reggemaak vir sy sethou op die negende by die PGA West Nicklaus-baan toe hy die wêreld aan “Die Slak” bekend stel.

Dié onortodokse hou, wat Hubbard op universiteit by San Jose State ontwikkel het, sluit ’n danspassie in. Die stok tref dan die bal met sy regterpinkie wat sentimeters bo die grond rondom die setstok krul.

“Jy moet werklik voorgee jy gaan ’n normale hou speel,” sê Hubbard.

“Jy moet gefokus en vasberade lyk, dan werk jy hom in op die laaste sekonde.”

Daar is egter vrae of die hou wettig is. Volgens Jordan Harris, ’n reëlbeampte van die PGA-reeks, oortree “Die Slak” geen reëls nie.

“Hy doen niks verkeerd daar nie, dit is maar net ’n vreemde manier om die hou uit te voer,” sê Harris.

Hubbard het glo voorheen “Die Slak” by toernooie in die PGA- en Korn Ferry-reeks uitgevoer, maar dit is die eerste keer dat dit deur televisiekameras verfilm is.

Ongelukkig vir Hubbard was hy nie hierdie keer suksesvol nie en sy brouhou het beteken dat hy die tweede ronde en sy toernooi met ’n telling van 76 afsluit.

“Dit haal gewoonlik die putjie binne vyf treë, so ek is ’n bietjie teleurgesteld dat ek die sethou verbrou het,” sê hy.

“Ek mis nie baie met 'Die Slak' nie.”

– Sportredaksie

Meer oor:  The Snail  |  Mark Hubbard  |  Gholf  |  Die Slak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.