Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Spieth eindig titeldroogte van 1 351 dae

Die Amerikaanse gholfspeler Jordan Spieth (27) is ná byna vier segelose jare terug in die wenkampie.

Jordan Spieth is ’n verligte gholfspeler. Foto: Getty Images

Die destydse wonderkind het in 2013 as 19-jarige sy eerste PGA-titel gewen. Spieth het twee jaar later by die Meesters geseëvier – die eerste van sy drie majors – maar hy kon sedert die Britse Ope in 2017 nie weer ’n trofee inpalm nie.

Sondag het sake egter vir hom verander toe hy sy landgenoot Charley Hoffman met twee houe uitstof vir die Valero Texas-ope-titel by die TPC San Antonio-baan.

“Ek het baie taai dae op hierdie pad beleef. Daar was mense in my hoekie wat aanhou in my glo het, al het ek soms ’n bietjie geloof in myself verloor,” sê Spieth.

“Ek voel eenvoudig baie dankbaar teenoor diegene wat my soort van gehelp het om weer hier uit te kom.”

Die wen kan waardevolle momentum aan die wenner van 12 PGA-titels bied voordat hy vandeesweek na Augusta vir die Meesters reis.

“Ek het nogal baie om aan te skaaf, so dit is eintlik taamlik maklik vir my om te fokus en skouer aan die wiel te sit vir die week wat kom,” sê hy.

“Ek wil graag aan my swaai werk. Daar is nog baie om te doen wat my ritme betref.”

– Reuters

Meer oor:  Gholf  |  Jordan Spieth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.