Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
KYK: Stoute Sims steel Koepka se kollig
Brooks Koepka en sy vriendin, Jena Sims. Foto: Getty Images

Die sportkanaal ESPN het Woensdagaand sy ESPY-geleentheid aangebied, maar dit was nie ’n sportster wat die meeste aandag getrek het nie.

Hoewel die Amerikaner Brooks Koepka (29) vereer is met die toekenning vir die Beste Manlike Gholfspeler, het sy vriendin, Jena Sims (30), die kollig gesteel.

Golfchannel.com berig Koepka, wenner van vier major-titels, het die seisoen oorheers en sy landgenoot Tiger Woods, Justin Rose van Engeland en die Italianer Francesco Molinari om die ESPY-toekenning uitgestof.

Koepka se buitengewone vermoë om major-titels te beklink is welbekend. Hy het die afgelope jaar sy titel by die PGA-kampioenskap suksesvol verdedig en die tweede plek in die Meesters-toernooi en Amerikaanse Ope behaal.

Brooke Henderson van die VSA het die prys vir die Beste Vroulike Gholfspeler ontvang.

Maar golfdigest.com berig Sims, ’n model en aktrise, het Dinsdag reeds die oë laat rek toe sy in ’n uiters gewaagde uitrusting opdaag by ’n partytjie op die vooraand van die prysuitdeling.

Jena Sims het Brooks Koepka Dinsdagaand in dié gewaagde uitrusting vergesel. Foto: Getty Images

Sy het Koepka Woensdagaand op die rooi tapyt vergesel in nog ’n skepping wat nie veel aan die verbeelding oorgelaat het nie.

Jena Sims Woensdaagaand saam met Koepka by die prysuitdeling. Foto: Getty Images

Sims, wat spog met ’n reusegevolg op Instagram, is in Georgia gebore en het verskeie skoonheidskompetisies in dié deelstaat gewen. Sy het in 2007 ook Georgia in die Miss Teen USA-skoonheidswedstryd verteenwoordig.

Sy is hoof van ’n niewinsgewende organisasie, Pageant of Hope, wat skoonheidskompetisies vir kinders met kanker en gestremdhede aanbied.

Sy het in verskeie “B-rolprente” verskyn en haar eerste hoofrol in Attack of the 50 Foot Cheerleader in 2012 vertolk.

Sims kan onder meer ook in Last Vegas, Kill The Messenger, 3-Headed Shark Attack en American Beach House gesien word. Sy het selfs ’n rol in ’n episode van die televisiereeks Entourage vertolk.

View this post on Instagram

Yea, I’m on my way... See you in 15! ??

A post shared by Jena Sims (@jenamsims) on

– Sportredaksie

Meer oor:  Gholf  |  Brooks Koepka  |  Espn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.