Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiger, Phil in 2-stryd van $9 miljoen

Tiger Woods en Phil Mickelson pak mekaar in Las Vegas, Nevada, in November in ’n tweestryd waar die wenner $9 miljoen (R129,3 miljoen) in die sak sal steek.

Die Amerikaanse landgenote Phil Mickelson en Tiger Woods sê mekaar in Las Vegas die stryd aan vir meer as R129 miljoen. Foto: Getty Images

Die gewilde Amerikaanse gholfspelers, met 19 Grand Slam-titels tussen hulle, raak op 23 November by die Shadow Creek-baan in die VSA se Dankseggingsnaweek slaags.

Die putjiespel-tweestryd tussen die twee veterane, ’n ontmoeting wat al verskeie kere oor die jare aangemoedig is, sal op betaal-per-program-televisie uitgesaai word.

“Dit is ’n geleentheid vir ons om die massas in spitstyd aan die sport bloot te stel op ’n tydstip waar daar andersins nie baie in die gholfwêreld aan die gang is nie,” sê Mickelson.

“Dit is ’n manier om aspekte te wys wat mense nie gewoonlik sien nie, met ons wat mikrofone gaan dra sodat kykers ’n bietjie van die interaksie tussen ons kan volg.”

Mickelson en Woods het nie altyd ’n vriendelike verhouding gehad terwyl hulle op die kruin van hul loopbane die sport oorheers het nie. Maar die duo het die laaste ruk goed oor die weg gekom nadat hulle nou saamgewerk het in verskeie Ryderbeker- en Presidentebeker-veldtogte.

Volgens Mickelson is daar geen kans dat hy en Woods die lonende prysgeld tussen hulle sal verdeel nie.

“As die wenner nie alles vat nie, ondermyn dit die hele saak,” sê hy.

“Die hele punt is dat alles op die spel is. Die wenner kry alles – dit is die opwindende aspek daarvan.”

Woods (42) het vroeër vandeesmaand tweede geëindig by die PGA-kampioenskap, die laaste Grand Slam-toernooi van 2018, terwyl Mickelson (48) onder die valbyl beland het.

– Reuters


Meer oor:  Tiger Woods  |  Gholf  |  Phil Mickelson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.