Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
KYK: Trevor, Fin se kolhou op dieselfde putjie
Trevor Immelman was ná afloop van die eerste ronde by die Skotse Ope een hou agter die voorlopers. Foto: Getty Images

Trevor Immelman het Donderdag by die Skotse Ope ’n kolhou op die 15de putjie behaal, maar die Suid-Afrikaner kon nie eens spog dat sy volmaakte poging uniek was nie.

Kalle Samooja van Finland het vroeër die dag in die eerste ronde by die Renaissance-gholfbaan in North Berwick op die einste 15de putjie dieselfde prestasie behaal.

Immelman (39) het hom nietemin verlekker toe hy aanskou hoe sy bofhou minder as ’n meter anderkant die vlag land en in die putjie terugrol.

“Om eerlik te wees het ek net gepoog om my bal op die setperk te kry,” sê die voormalige Meesterskampioen oor sy hou van min of meer 105 m.

“My swaai het goed gevoel, ek wou maar net die hou met ’n kuilstok teen ’n ligte wind in uitvoer. Ek het die bal perfek getref. Die bof is effens verhewe, so ek kon sien hoe die bal in die putjie rol en die toeskouers juig – dit was nogal ’n lekker oomblik vir my.”

Immelman het sy ronde in 66 houe, vyf onder die baansyfer, voltooi en is een hou agter die vier gesamentlike voorlopers.

Hy is deesdae ’n deeltydse speler en werk meestal as televisieanalis vir Golf Channel in die VSA.

Die 31-jarige Samooja daarenteen ding in sy eerste seisoen in die Europese reeks mee. 

– Reuters

Meer oor:  Trevor Immelman  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.