Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
KYK: Weerlig tref baan, mense beseer
Toeskouers word bygestaan nadat hulle beseer is toe weerlig ’n boom getref het by die East Lake-gholfklub in Atlanta. Foto: USA TODAY | AP

Ses toeskouers is Saterdag beseer toe weerlig ’n boom getref het tydens die derde ronde van die Toerkampioenskap-toernooi in Atlanta.

Die voorval het 28 minute nadat spel gestaak is by die East Lake-gholfklub gebeur.

Volgens die Amerikaanse PGA-reeks het twee weerligstrale die baan getref.

“Noodhulppersoneel het die ses toeskouers onmiddellik gehelp en hulle is per ambulans van die baan geneem,” het Mark Russell, toerreëls-beampte, gesê.

“Die jongste nuus is dat die toeskouers se beserings nie ernstig is nie.”

Russell het gesê beamptes is bewus van moontlike weerlig wat vir Sondag voorspel word, maar dat hulle nie die afslaantye gaan vervroeg nie.

Spel sou Sondag om 08:00 (14:00 SA tyd) hervat word.

In 1991 is ’n toeskouer dood en vyf beseer tydens die Amerikaanse Ope by Hazeltine in Minnesota. Twee maande later is ’n toeskouer by die Amerikaanse PGA-toernooi dood toe weerlig hom getref het toe hy na sy motor gestap het.

Terwyl spelers en hul joggies in sulke weerstoestande per voertuig na die klubhuis geneem word, moet toeskouers self skuiling vind en soms is daar nie genoeg tyd nie.

– Reuters

Meer oor:  Weerlig  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.