Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Lee sien nie kans vir gholf in die VSA
Die Brit Lee Westwood in aksie in vandeesweek se Britse Meesters. Die voormalige nr.1-speler ter wêreld sê hy is nie gretig om in Amerika te gaan speel nie. Foto: Getty Images

Ofskoon Amerika die reël geskrap het dat gholfspelers van die buiteland met hul aankoms ’n verpligte 14 dae in kwarantyn moet deurbring, is die voormalige nr.1-speler Lee Westwood van Engeland nie te gretig om ’n vlug na die VSA te haal nie.

Die Amerikaanse federale regering het Vrydag bekend gemaak dat gholfspelers kan kom en gaan soos hulle wil, aangesien die PGA-reeks verskeie gesondheids- en veiligheidsprotokolle ingestel het waarvolgens spelers gereeld vir die koronavirus getoets sal word.

Dit beteken oorsese spelers kan met ’n geruste hart na die VSA vir die eerste Major van die jaar, die Amerikaanse PGA, wat op 6 Augustus in San Francisco beslis word, asook aanstaande week se WGC-FedEx St. Jude Invitational in Tennessee vlieg.

Maar selfs die vooruitsig om in die Major te speel dien nie as genoeg van ’n trekpleister vir Westwood nie. Sy vrese oor hoe Amerika die Covid-19-pandemie hanteer, weeg swaarder.

Hy het die naweek erken dat hy nie gemaklik is daarmee om die vlug na Amerika toe te haal nie.

“Ek is steeds bekommerd dat Amerika nie die gevare van die virus so ernstig soos die res van die wêreld opneem nie.

Ek is steeds bekommerd dat Amerika nie die gevare van die virus so ernstig soos die res van die wêreld opneem nie.
Lee Westwood

“Amerika is steeds vir my een van die gevaarlikste plekke om te besoek as gevolg van die voortdurende styging in aantal mense wat die virus opdoen.”

Die 34-jarige Westwood sê sy siektetoestand maak dit boonop uiters riskant om kanse met die dodelik virus te waag.

“Ek het ’n ligte vorm van asma. As ek positief toets in Amerika, moet ek twee weke daar bly. In hierdie stadium is daar net te veel gevaarligte en te min waarborge.”

Volgens die jongste statistieke van die Johns Hopkins Universiteit het Amerika die meeste Covid-19-gevalle ter wêreld (4,17 miljoen) en ook die hoogste sterftesyfer weens die virus (meer as 146 000). – TeamTalk

Meer oor:  Lee Westwood  |  Vsa  |  Engeland  |  Koronavirus  |  Gholf  |  Pga  |  Kwarantyn  |  Beroepsreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.