Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Legendariese gholfvrou dood op 85

Mickey Wright, die enigste speler van die Professionele Vrouegholfverening (LPGA) om al vier major-titels op dieselfde tyd te hou, is Maandag in die ouderdom van 85 oorlede.

Mickey Wright in aksie vroeg in haar loopbaan. Foto: Getty Images

Wright het 82 toernooie gewen, ses minder as die rekordhouer, haar Amerikaanse landgenoot Kathy Whitworth (88). Sy het 13 majors beklink in ’n loopbaan wat van 1955 tot en met haar uittrede in 1969 weens knaende voetbeserings gestrek het.

“Sy was die beste wat ek ooit gesien het, man of vrou,” sê Whitworth.

“Ek het al die voorreg gehad om saam met Sam Snead en Jack Nicklaus en Arnold Palmer en hulle almal te speel. Niemand kon ’n bal soos Mickey slaan nie, eenvoudig niemand nie.

“Sy het 82 wenne gehad, maar sy sou moeiteloos meer as 100 gehad het as sy nie vroeg uitgetree het nie.”

Volgens die legendariese Ben Hogan het Wright die beste gholfswaai gehad wat hy tot nog toe gesien het. Mike Whan, kommissaris van die LPGA, beaam dit.

“Ons is diep bedroef oor die afsterwe van Mickey Wright,” sê Whan.

“Ons het ’n legende verloor, maar ons is waarskynlik ook vandag die beste swaai in gholf se geskiedenis kwyt.”

Wright, wat as 12-jarige begin gholf speel het, is in 1964 in vrouegholf se Heldesaal ingehuldig en die LPGA se Heldesaal toe dit in 1967 geskep is. Sy het in 1976 lid van Wêreldgholf se Heldesaal geword.

Sy het 13 oorwinnings in 1963 behaal – steeds ’n LPGA-rekord – en 11 seges die volgende seisoen, ’n getal wat deur die Sweed Annika Sorenstam geëwenaar is vir die tweede meeste wenne in ’n seisoen.

“Daar was baie druk om weekliks vir vyf of ses jaar mededingend te wees,” het Wright in 2000 aan Golf World gesê.

Sy het in 1974 na Florida verhuis en haar stokperdjies was tuinmaak, visvang, die aandelebeurs en blokkiesraaisels.

– Reuters

Meer oor:  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.