Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Louis 7de ná 6 voëltjies ... en 2 brouhoue

Suid-Afrika se Louis Oosthuizen, wat verlede jaar in die pylvak van die Suid-Afrikaanse Ope-gholftoernooi deur Branden Grace uitgestof is, het Vrydag in Abu Dhabi aan die einde van die tweede ronde verbrou.

Louis Oosthuizen Vrydag in Abu Dhabi. Foto: AP

Oosthuizen het vyf voëltjies oor die eerste 15 putjies van die Abu Dhabi-kampioenskap aangeteken en was binne trefafstand van die voorloper, Francesco Laporta van Frankryk.

Maar Oosthuizen het op die 16de en 17de putjies houe aan baansyfer afgestaan en hoewel hy op die 18de nog ’n voëltjie behaal het, is hy op 137 (-7) saam met vier ander spelers, Lee Westwood (Engeland), Patrick Cantlay (VSA) en Kurt Kitayama (albei VSA) en Adri Arnaus (Spanje) in die gesamentlike sewende posisie.

Laporta, wat in die eerste twee toernooie van die seisoen in Suid-Afrika nie die valbyl kon vryspring nie, het Vrydag 63 houe aangeteken.

Hy is op 134 houe, een hou voor Rafa Cabrera Bello (Spanje) en Matthew Fitzpatrick (albei op 135), gevolg deur Sergio García (Spanje), Renato Paratore (Italië) en Li Haotong (China), wat al drie op 136 houe is. – europeantour.com

Meer oor:  Louis Oosthuizen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.