Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Louis blaas in voorloper se nek
Louis Oosthuizen in aksie in New York. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse gholfster Louis Oosthuizen is twee houe agter die voorloper van die Amerikaanse Ope by die uitdagende Winged Foot-baan in Mamaroneck, New York.

Die Amerikaner Justin Thomas gee die pas aan ná ’n baie indrukwekkende 65 (vyf houe minder as baansyfer) in Donderdag se eerste ronde van dié major-toernooi.

Sy landgenote Patrick Reed en die 21-jarige Matthew Wolff, asook die Belg Thomas Pieters, was op 66 een hou agter hom.

Oosthuizen, die Noord-Ier Rory McIlroy en die Engelsman Lee Westwood is gesamentlik in die vyfde plek en blaas in hul nekke op 67.

Reed se rondte het ’n kolhou ingesluit, terwyl Thomas ses voëltjies aangeteken het, onder meer een by sy heel eerste putjie.

Die 24-jarige Will Zalatoris van die VSA het soos Reed ’n kolhou op die sewende putjie aangeteken.

Suid-Afrika se Shaun Norris bevind hom gesamentlik in die 14de plek ná sy ronde van een onder baansyfer, ’n wonderlike prestasie op hierdie verraderlike baan.

Twee ander Suid-Afrikaners, Erik van Rooyen en Christiaan Bezuidenhout, het gelyk aan baansyfer (70) klaargemaak.

JC Ritchie (+4), Brandon Grace (+5) en Justin Harding (+7) het nie hulle beste gholf gespeel nie.

Tiger Woods het sy wipwaentjiedag ook glad nie goed afgesluit nie deur ’n ses, twee brouhoue, op die laaste putjie te speel en op drie oor syfer (73) te eindig. Hy het sewe brouhoue in totaal gehad.

Sy Amerikaanse landgenoot, die top-gekeurde Dustin Johnson, het ook 73 aangeteken, terwyl Phil Mickelson, wenner van vyf major-titels, ’n nagmerrie beleef het met ’n telling van 79.

Telbord.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tiger Woods  |  Justin Thomas  |  Gholf  |  Winged Foot  |  Phil Mickelson  |  Louis Oosthuizen  |  New York  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.