Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Louis 'n voorloper in VSA-Ope
Louis Oosthuizen hoop om ’n trappie hoër te klim nadat hy verlede maand tweede in die PGA-kampioenskap was. Foto: Getty Images

Louis Oosthuizen en Russell Henley van die VSA is die gesamentlike voorlopers in die Amerikaanse Ope by Torrey Pines in San Diego.

Hoewel Oosthuizen se ronde weens swak lig ná 16 putjies kortgeknip is, staan sy telling op -4, gelyk met Henley, wat sy ronde in 67 houe voltooi het.

Die Suid-Afrikaner tel onder 36 spelers wat nie in staat was om hul ronde te voltooi nie nadat mis die begin van spel Donderdagoggend met 90 minute vertraag het.

Die Italiaanse voormalige Britse Ope-kampioen Francesco Molinari en Rafa Cabrera Bello van Spanje het tellings van 68, drie onder baansyfer, behaal.

Die swaargewigte Brooks Koepka, Hideki Matsuyama en Jon Rahm tel onder ’n groep op 69 (-2).

Die jongeling Wilco Nienaber, wat verlede naweek by die Palmetto-kampioenskap onderweg na ’n 14de plek die oë laat rek het met sy monsterhoue, en Christiaan Bezuidenhout het albei die dag op +1 (72) afgesluit.

Dylan Frittelli en Branden Grace se tellings staan op 73, maar Grace het nog net 15 putjies van sy ronde voltooi.

Hulle word gevolg deur Erik van Rooyen (74), Garrick Higgo (76) en Thomas Aiken (80). – Sportredaksie

UITSLAE 

Meer oor:  Torrey Pines  |  Gholf  |  Louis Oosthuizen  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.