Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Oosthuizen in 2de plek by VSA-ope

Richard Bland en Russell Henley is die voorlopers ná afloop van die tweede ronde van die Amerikaanse Ope-gholftoernooi by Torrey Pines in San Diego.

Louis Oosthuizen is saam met Matthew Wolff gesamentlik in die tweede plek by die Amerikaanse Ope ná afloop van die tweede ronde. Foto: Getty Images

Die 48-jarige Bland, ’n Engelsman, het Vrydag 67 ná die tweede ronde op sy telkaart ingevul, terwyl Henley (Amerika) die ronde in 70 voltooi het.

Die twee bevind hulle op 137, een hou voor Louis Oosthuizen en Matthew Wolff (Amerika), wat gesamentlik in die tweede plek is. Die Suid-Afrikaner het die tweede ronde in 71 voltooi.

Phil Mickelson, wat nog nooit die VSA-ope kon wen nie, is sewe houe agter, en bevind hom op 144. Hy het in die tweede ronde ’n telling van 69 aangeteken, nadat dit in die eerste maar sukkel-sukkel gegaan het en hy 75 op sy telkaart ingevul het.

Wat ander Suid-Afrikaners betref, is Christiaan Bezuidenhout (72 70) en Branden Grace (72 70) saam met ses ander spelers gesamentlik in die sesde plek op 142.

Charl Schwartzel (71 74) en Dylan Frittelli (73 72) bevind hulle op 145. – Sportredaksie

UITSLAE

Meer oor:  Gholf  |  Louis Oosthuizen  |  Vsa-Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.