Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Louis moet wéér tevrede wees met 2de
Louis Oosthuizen het die Amerikaanse Ope-titel met een hou verloor. Foto: Getty Images

Amper, maar nie stamper!

Louis Oosthuizen moes Sondag in die Amerikaanse Ope vir die sesde keer in sy loopbaan tevrede wees met die tweede plek in ’n major-toernooi.

Die Spanjaard Jon Rahm het danksy twee asemrowende sethoue op die laaste twee putjies by Torrey Pines in San Diego sy eerste major met een hou beklink.

Die kampioen, Jon Rahm. Foto: Getty Images

Rahm, wat ná sy oorwinning boaan die wêreldranglys pronk, het sy laaste ronde in 67 houe, vier onder baansyfer, voltooi om die toernooi op 278 houe (-6) af te sluit.

Die koronavirus het Rahm die laaste paar weke ’n lelike streep getrek.

Eers is hy aan die begin van die maand deur ’n positiewe Covid-19-uitslag gedwing om hom te onttrek aan die Memorial-toernooi toe hy met ses houe voor was. Toe word hy in kwarantyn gedwing op net mooi die tyd wat sy ouers hul twee maande oue kleinseun, Kepa, kom ontmoet.

Maar Sondag was sy dag.

“Dit is vir my moeilik om te beskryf wat sopas gebeur het, want ek kan nie glo ek het daardie laaste twee sethoue gemaak nie,” sê hy.

Rahm moes vanuit die klubhuis toekyk hoe Oosthuizen die laaste vier putjies speel.

Die Suid-Afrikaner het ’n brouhou op die 17de aangeteken om met twee houe agter te loop en sy voëltjie op die 18de was nie genoeg om Rahm ’n sege te ontneem nie.

Rahm is die eerste Spanjaard wat die Amerikaanse Ope beklink en die vierde wat ’n major-titel wen ná Sergio Garcia, Jose Maria Olazabal en die ontslape Seve Ballesteros.

“Dit was beslis vir Seve hierdie,” sê Rahm. “Ek weet hy wou hierdie die meeste van almal wen.”

Wat die ander Suid-Afrikaners betref, het Branden Grace se uitstekende 67 (-4) in die laaste ronde aan hom die gesamentlike sewende plek besorg. Hy het die toernooi op 283 houe afgesluit.

Charl Schwartzel (71 74 71 70) was gesamentlik 19de, gevolg deur Christiaan Bezuidenhout (288), Dylan Frittelli (291) en Wilco Nienaber (298).

UITSLAE

– Sportredaksie

Meer oor:  Jon Rahm  |  Torrey Pines  |  Gholf  |  Louis Oosthuizen  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.