Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Louis prys Bryson ná hy baan platslaan

Louis Oosthuizen kan nie anders nie as om beïndruk te wees met die nuwe Amerikaanse Ope-kampioen, Bryson DeChambeau, nadat dié fris Amerikaner Sondag die Winged Foot-baan oorrompel het om sy eerste major-titel te verower.

MAMARONECK, NEW YORK - SEPTEMBER 20: Bryson DeCham
Bryson DeChambeau, vanjaar se Amerikaanse Ope-kampioen. Foto: Getty Images

Die 37-jarige Suid-Afrikaanse gholfster, wat die Britse Ope in 2010 gewen het, het die dag vier houe agter die voorloper begin, maar sy hoop om ’n tweede major-titel het vinnig verwater en hy het agt houe agter DeChambeau in die derde plek geëindig.

“Dit is altyd ’n goeie prestasie om derde by ’n major te eindig, maar dit sou altyd ’n taai uitdaging wees,” sê Oosthuizen, wat die laaste ronde in 73 houe, drie houe meer as die baansyfer, voltooi het.

Oosthuizen het in die toestande gesukkel, maar DeChambeau het sy kragspel suksesvol ingespan. Die Amerikaner het Sondag 67 aangeteken en sy landgenoot Matthew Wolff, wat tweede geëindig het, met ses houe geklop.

“Hy slaan die bal so ver. Hy is so sterk uit die ruveld en waarskynlik een van die beste spelers wat sy setwerk betref. Sy teenstanders gaan groot moeilikheid hê by toernooie waar hy goed vaar op die setperke.

“Dit is goed om te sien. Ek het respek vir hom en wat hy vermag. Hy het op hierdie reis gegaan en hy maak ’n sukses daarvan. Hy speel uitstekende gholf.”

Oosthuizen sê selfs sonder DeChambeau se merkwaardige laaste ronde sou hy gesukkel het om sy tweede major-titel op die uitdagende baan in New York te wen.

“As jy hom uit die prentjie verwyder, is ek daar met ’n kans. Maar weet jy, as jy hom wegvat, sou ek waarskynlik ’n bietjie meer op my senuwees gewees het aan die einde, so daar is baie dinge wat dan verskillend kan gebeur.”

Volledige uitslae.

– Reuters

Meer oor:  Gholf  |  Winged Foot  |  Louis Oosthuizen  |  New York  |  Bryson Dechambeau  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.