Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Oosthuizen se tante ook kampioen

Die 69-jarige Carina Theron, boervrou van die Hobhouse-distrik en tante van Louis Oosthuizen, het haar nie deur die weer laat ontwrig toe sy met die louere in die Vrystaatse vroue se senior gholfkampioenskappe in Welkom weggestap het nie.

Carina Theron. Foto: Verskaf

Die kampioenskappe het Saterdag in gure weerstoestande, met donderbuie en weerlig by Oppenheimerpark begin.

Theron het op die eerste dag met ’n uitstekende slagspeltelling van 79 (69 nett) vorendag gekom.

Sy het ’n voëltjie behaal en nie minder nie as sewe putjies in baansyfer oor die eerste nege putjies voltooi.

Dié telling van 37 houe was midde erge reënbuie en weerlig wat die spelers twee keer van die baan gedwing het.

Haar totaal oor die twee dae se spel was 165 houe (145 nett) wat haar die kroon as algehele wenner besorg het.

Theron, lid van die Bloemfontein-klub, speel van ’n voorgee van 10 af. Sy skroom nie om twee maal per week Rosestad toe te ry vir ’n ronde golf nie.

Meer oor:  Gholf  |  Carina Theron  |  Louis Oosthuizen  |  Welkom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.