Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Macnab maak geskiedenis op Glendower

Die verdedigende Suid-Afrikaanse vroue-amateurkampioen, Caitlyn Macnab, het Vrydag gholfgeskiedenis gemaak toe sy die Sonskyn-vrouereeks se Jabra Classic-toernooi op Glendower met agt houe gewen het.

Die amateurspeler Caitlyn Macnab met die trofee ná haar skittersege. Foto: Sunshine Ladies Tour

Dié 19-jarige nommer-een-speler op die GolfRSA-amateurranglys het die sege met ’n voortreflike ronde van 67 – vyf houe beter as baansyfer – beklink.

Macnab het die laaste ronde met ’n voorsprong van een hou voor Lindi Coetzee en drie houe voor die veteraan Lee-Anne Pace afgeslaan.

Sy was vuurwarm op die agterste nege en het net op vier putjies nie ’n voëltjie behaal nadat sy gaan draai het nie.

Met dié seldsame prestasie het dié lid van die Serengeti-landgoed aan die Oos-Rand die eerste amateur geword wat ’n vroue-beroepstoernooi kon wen sedert Ashleigh Buhai (toe Simon) in 2007 die Suid-Afrikaanse Ope gewen het.

“Dit is ongelooflik. Dit is só ’n wonderlike gevoel,” het Macnab agterna met ’n groot glimlag gesê.

Sy het in die eerste toernooi van die seisoen – die Cape Town-ope op die Royal Cape-baan – met ’n dubbele brouhou laat in die vierde ronde ’n kans verbrou om geskiedenis te maak.

Hierdie keer het sy seker gemaak dat haar naam in die annale opgeteken word.

“Daar is baie meer druk wanneer jy teen die beroepspelers speel en ek het verlede week in Kaapstad nie regtig geweet wat om in die laaste ronde te verwag nie.

“Ek het hierdie week baie gemakliker gevoel en dit was lekker om op Glendower te speel.

Volgens haar is dit vir haar ’n baie groot prestasie, veral om in Buhai se voetspore te volg. – Sonskynreeks, Sportredaksie

Meer oor:  Glendower  |  Gholf  |  Caitlyn Macnab
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.