Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Major-wenner se vrou rand hom aan

Die vrou van die voormalige Amerikaanse Ope-kampioen Lucas Glover is in hegtenis geneem nadat sy hom glo weens sy swak vertoning in die Spelerstoernooi aangeval het.

Krista Glover is Saterdag deur die polisie in Florida in hegtenis geneem. Foto: AP

Foxnews.com berig Krista Glover is in hegtenis geneem en aangekla van aanranding ná afloop van Saterdag se derde ronde by die TPC Sawgrass-gholfbaan in Florida.

Die polisie is na die egpaar se huis in Jacksonville, Florida ontbied nadat ’n oproep na 911 gemaak is.

Volgens ’n polisieverslag is Lucas deur sy vrou oor die kole gehaal vir sy swak derde ronde – hy het 78 vir ’n MDF (made cut, did not finish) behaal.

In ’n verklaring wat die polisie by Lucas afgeneem het, sê hy dat wanneer hy swak gholf gespeel het, begin sy vrou met ’n rusie deur vir hom te sê hy is ’n verloorder en ’n “p***y” en vir wie hy moet afdank, en as hy nie wen nie sal sy en die kinders hom verlaat en hy sal sy kinders nooit weer sien nie.

Die polisie het verskeie skeurwonde aan Lucas asook sy ma, Hershey Glover (62), opgemerk. Daar was bloed aan haar hemp en sy het aan die polisie gesê dat sy op die bors geslaan is.

Die voormalige Amerikaanse Ope-kampioen Lucas Glover en sy ma, Hershey, is glo deur sy vrou, Krista, aangerand. Foto: AP

Krista beweer dat Hershey haar aangeval het, maar sy het geen sigbare beserings gehad nie.

Glover, die Amerikaanse Ope-kampioen in 2009, het laat Dinsdagaand op Twitter oor die voorval gepraat.

“Op 12 Mei het my vrou en my ma in ’n argument betrokke geraak waarna die polisie ontbied is. Almal is oukei.

“Hoewel Krista aangekla is, vertrou ons dat die regstelsel die voorval op die beste manier sal hanteer en dat sy in hierdie private aangeleentheid kwytgeskel sal word.

“Ons bedank julle dat julle ons privaatheid respekteer terwyl ons hierdie rampspoedige voorval hanteer.”

Volgens die verklaring het Krista handgemeen geraak toe die polisie haar in handboeie geplaas het. Sy het ook probeer vlug.

“Wag tot die (PGA)-reeks hiervan hoor,” het sy glo geskreeu.

“Jy gaan jou werk verloor. Dit is hoekom polisiemanne in die gesig geskiet word.

“Wag tot ek met die regter praat, jy sal f****n die trekpas kry hiervoor.”

Krista is Sondag op borgtog van $2 500 vrygelaat en verskyn op 31 Mei in die hof.

– Sportredaksie

Meer oor:  Krista Glover  |  Gholf  |  Lucas Glover
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.