Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Matsuyama maak geskiedenis

Hideki Matsuyama het Sondag die eerste Japannese man geword wat ’n major-titel verower nadat hy die senuwees oorkom het om in die 85ste Amerikaanse Meesterstoernooi te seëvier.

Hideki Matsuyama, Japan se gholftrots. Foto: Getty Images

Die 29-jarige Matsuyama se oorwinning met een hou op die Augusta National-baan het aan hom prysgeld van $2,07 miljoen besorg, terwyl sy status as ’n held in sy geboorteland nou verewig is.

Matsuyama, wat die dag met ’n voorsprong van vier houe begin het, het sy laaste ronde in 73 houe, een oor baansyfer, voltooi en die week op -10 afgesluit.

“Hopelik is ek ’n pionier en dat baie ander Japannese in my voetspore sal volg,” sê hy.

“Ek is bly om die sluise oop te maak en hopelik sal baie ander my dit nadoen.”

Matsuyama was gemaklik op koers, maar ’n brouhou op die 15de putjie en ’n voëltjie deur sy speelmaat Xander Schauffele het skielik sy buffer van vier houe tot twee verminder.

Maar Schauffele, sesde op die wêreldranglys, het sy bofhou op die 16de in die water geslaan en uiteindelik drie houe agter Matsuyama in die gesamentlike derde plek saam met Jordan Spieth (70) geëindig.

Die Meesters-groentjie Will Zalatoris was tweede, een hou agter die wenner.

Suid-Afrika se Louis Oosthuizen (76, 70, 72, 71) en Charl Schwartzel (74, 71, 72, 72) het saam met ses ander spelers 26ste geëindig, terwyl Christiaan Bezuidenhout (70, 76, 74 72) gesamentlik 40ste klaargemaak het.

VOLLEDIGE UITSLAE

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Meesters  |  Gholf  |  Amerikaanse Meesters  |  Pga  |  Covid-19  |  Hideki Matsuyama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.