Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
McIlroy beleef nagmerrie op eerste putjie

Rory McIlroy se Britse Ope kon nie op ’n slegter noot begin het nie.

Rory McIlroy soek tussen die varings en lang gras vir sy bal op die eerste putjie van die Britse Ope by Royal Portrush in Noord-Ierland. Foto: AP

Dié Noord-Ierse gholfster, wat vandeesweek by Royal Portrush voor sy tuisskare speel, het ’n allemintige agt houe op die eerste putjie van sy toernooi aangeteken.

McIlroy, wat vooraf as een van die groot gunstelinge bestempel is om sukses te behaal op ’n baan waarmee hy goed vertroud is, het sy eerste bofhou van vanjaar se Ope links buite perke geslaan.

Hy moes toe weer ’n bofhou speel (sy derde met die strafhou bygetel) en het dié ook links getrek, waar dit in die sukkelveld te lande gekom het.

Die dik gras het sy vierde hou erg belemmer en die bal het links van die setperk in die varingagtige sukkelveld te lande gekom waaruit ’n hou onmoontlik was. Hy moes toe dus uitgooi en nog ’n strafhou neem. Met sy sesde hou het hy die bal uiteindelik tot op die setperk gekry, maar kon hy nie ’n sethou van sowat twee meter bemeester nie en moes hy uiteindelik ’n liederlike agt op dié syfer-4-putjie op sy telkaart aanteken.

– Sportredaksie

Meer oor:  Gholf  |  Britse Ope  |  Rory Mcilroy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.