Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
McIlroy loop toernooi in Hawaii mis

Die Noord-Ierse gholfspeler Rory McIlroy het hom onttrek aan die PGA-reeks se eerste toernooi van die jaar, die Toernooi van Kampioene, wat Donderdag in Hawaii begin.

Rory McIlroy het besluit om nie na Hawaii te reis nie. Foto: Getty Images

Deelnemers aan die toernooi bestaan gewoonlik uit toernooiwenners van die vorige jaar, maar omdat aansienlik minder toernooie in 2020 weens die Covid-19-pandemie kon plaasvind, is die voorste 30 spelers op die FedExbeker-punteleer van verlede jaar ook uitgenooi.

Agt van die wêreld se voorste tien spelers het wel die uitnodiging na Hawaii aanvaar, insluitende die nommer een, Dustin Johnson, sowel as Jon Rahm, Bryson DeChambeau en die verdedigende kampioen, Justin Thomas.

Onder die toptien het slegs McIlroy, vierde in die wêreld, en die nr. tien, Tyrrell Hatton, daarteen besluit om na Hawaii te reis.

Dit beteken dat die 31-jarige McIlroy se eerste toernooi vir 2021 die Abu Dhabi-kampioenskap aan die einde van Januarie sal wees.

Nog ’n speler wat afwesig in Hawaii sal wees, is Jim Herman, wat gekwalifiseer het deur die Wyndham-kampioenskap in Augustus te wen. Hy sal nie in aksie wees nie, omdat hy verlede week bekend gemaak het dat hy Covid-19 onder lede het. – TeamTalk

Meer oor:  Jon Rahm  |  Gholf  |  Rory Mcilroy  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.