Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Syfer 3-kompetisie afgelas

Die gewilde Syfer 3-kompetisie wat gebruiklik op die vooraand van die Amerikaanse Meesterstoernooi beslis word, sal in die afwesigheid van toeskouers weens die Covid-19-pandemie nie volgende maand plaasvind nie.

Die Syfer 3-kompetisie by die Meesters is ’n familie-affêre. Foto: Getty Images

Dié geliefde vertoon-byeenkoms by die Augusta National-baan, wat vir die eerste keer in 1960 gespeel is, word as een van die gewildste Meesters-tradisies beskou.

Dit is grotendeels ’n familie-affêre met spelers wat gereeld hul vroue, meisies, kinders en kleinkinders as joggies betrek.

“Die pret en opwinding om die Meesters-deelnemers saam met hulle vriende en familie in aksie te sien is juis wat die Syfer 3-kompetisie so ’n spesiale deel van Meesters-week maak,” sê Fred Ridley, voorsitter van die Augusta National.

“Ons besef daardie ervaring sou nie sonder gaste en toeskouers gedupliseer kon word nie en ons sien daarna uit om hierdie tradisie in die toekoms terug te bring.”

Dit is ’n berugte feit dat geen wenner van die Syfer 3-kompetisie al daarin kon slaag om in dieselfde jaar die Meesters-titel te beklink nie.

Die Syfer 3-kompetisie, wat oor nege putjies beslis word, is weens gure weer in 2017 vir die eerste keer in sy geskiedenis afgelas.

Vanjaar se Meesters, wat aanvanklik in April sou plaasvind, is weens die koronavirus-pandemie na 12-15 November geskuif.

Dié gesogte major sal sonder toeskouers beslis word.

– Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Meesters  |  Gholf  |  Amerikaanse Meesters  |  Pga  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.