Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Memorial nou ook sonder toeskouers

Aanstaande week se Memorial-gholftoernooi in Ohio sal nie meer voor toeskouers plaasvind nie.

Die PGA-reeks het Maandag aangekondig dat hy van plan verander het vir dié toernooi waarvan Jack Nicklaus die gasheer is.

Rory McIlroy sal nie meer aanstaande week voor toeskouers speel om die Memorial-titel nie. Foto: Getty Images

Dit sou die eerste toernooi met ’n skare wees sedert die koronaviruspandemie gholf in Maart in sy spore gestuit het. Toestemming is van die Ohio-owerhede verkry om 20% van die Muirfield Village-klub se kapasiteit vir toeskouers oop te stel.

Nou het die PGA-reeks egter besluit om die hekke toe te hou weens die snelveranderende dinamika van die pandemie.

“Gegewe die Covid-19-uitdagings wat gemeenskappe in die gesig staar, moet ons fokus op die belangrikste prioriteit van ons terugkeer: die gesondheid en veiligheid van almal betrokke,” sê Jay Monahan, die PGA-reeks se kommissaris, in ’n verklaring.

“Terwyl hierdie ’n moeilike besluit was, is dit een wat gesamentlik geneem is. Ons waardeer die proses wat gevolg word om ons by die punt te bring waar ons toeskouers sal kan verwelkom wanneer die tyd reg is.”

Die aantal sterftes aan Covid-19 in Amerika het onlangs die 130 000-kerf verbygesteek, ná ’n skerp styging in nuwe gevalle. Daar is nou meer as drie miljoen gevalle in dié land aangemeld, die meeste vir enige land ter wêreld en dubbel soveel as dié van Brasilië (die tweede meeste gevalle in die wêreld).

Mike DeWine, goewerneur van Ohio, sê dit is die regte besluit om die Muirfield Village-baan vir die publiek te sluit.

“Ek weet dit was ’n moeilike besluit om te neem, maar die organiseerders van die Memorial-toernooi het die gesondheid en veiligheid van sy spelers en ondersteuners eerste gestel,” sê DeWine.

Sedert die PGA-reeks in Junie teruggekeer het, het hy in Texas, Suid-Carolina, Connecticut en Michigan toernooie sonder toeskouers aangebied.

Ses van die PGA-reeks se spelers is tot dusver positief vir die koronavirus getoets. Een van hulle is Dylan Frittelli van Suid-Afrika.

Die Memorial-toernooi sal van die grootste name in gholf verwelkom soos Rory McIlroy, die wêreld se voorste speler, en Phil Mickelson, die vyfmalige major-wenner. – Reuters

Meer oor:  Memorial-Gholftoernooi  |  Gholf  |  Toeskouers  |  Covid-19  |  Ohio
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.