Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Phil 1ste keer in byna 3 dekades nie in top-100

Die Amerikaner Phil Mickelson is vir die eerste keer in 28 jaar nie onder die voorste 100 spelers op gholf se wêreldranglys nie.

Phil Mickelson is vir die eerste keer in 28 jaar nie onder die voorste 100 spelers in die wêreld nie. Foto: Getty Images

Op die nuwe ranglys, wat Maandag uitgereik is, is Mickelson in die 101ste plek. Dit bring sy rekordtydperk van ’n allemintige 1 425 weke onder die voorste 100 spelers tot ’n einde.

Verder het Rory McIlroy van Noord-Ierland, wat vroeg in Junie 2020 die voorste plek beklee het, uit die toptien geval. Bryson DeChambeau, wenner van die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi, het hom vervang.

Dit is ook die eerste keer in drie jaar dat McIlroy nie onder die voorste tien spelers is nie.

Mickelson (50) het die eerste keer in 1993 sy plek onder die voorste 100 spelers ingeneem nadat hy The International-toernooi gewen het.

Hy het in November 2019 die eerste keer sedert November 1993 uit die top-50 geval.

Mickelson het reeds in drie PGA-toer-kompetisies in 2021 gespeel en ’n beste plek van 53ste in die Farmers Insurance-ope behaal.

Hy het in een PGA-toer-kampioenskapskompetisie gespeel, die Cologuard Classic-toernooi, waarmee geen punte vir die wêreldranglys verdien word nie. Hy het daar ’n 20ste plek behaal.

Mickelson het al 44 PGA-toer-kompetisies gewen, waaronder vyf majors. Hy het nooit die voorste plek in die wêreld beklee nie.

Sy beste was die tweede plek, wat hy 270 weke lank beklee het, elke keer agter Tiger Woods.

Dustin Johnson is tans in die eerste plek, gevolg deur Jon Rahm, Justin Thomas, Collin Morikawa en Xander Schauffele.

DeChambeau het van die 11de plek tot in die sesde gebokspring.

Jordan Spieth, wat in 2015 eerste was, maar in die afgelope paar jaar met sy peil gesukkel het, het opgeskuif tot 52ste – sy hoogste sedert Februarie 2020.

Hy het in drie van sy laaste vier toernooie onder die voorste vyf klaargemaak.

McIlroy het Sondag, met ’n totaal van 76 in die laaste ronde, agt houe agter DeChambeau geëindig.

“Ek kort iets. Ek kort ’n vonk. Ek kort iets en dit lyk net nie of ek dit tans het nie,” het die 31-jarige McIlroy aan Sky Sports gesê.

“Sommige dae gaan dit goed, ander dae gaan dit minder goed.”

McIlroy het sedert 2019 nie gewen nie, maar sal hierdie week se Spelerskampioenskapsbyeenkoms ingaan as die verdedigende kampioen nadat dit verlede jaar weens die Covid-19-pandemie gekanselleer is.

“Ek weet nie hoe om sommige dinge te beskryf nie, maar net ietwat terneergedruk, of oorweeg dit dalk om in ’n ander rigting te gaan,” het McIlroy bygevoeg. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.