Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Moenie vir Tiger toejuig nie, vra Aussie
Adam Scott (regs) en Tiger Woods. Foto: Getty Images

Die Aussie Adam Scott besef toeskouers by die Presidentebeker-toernooi sal opgewonde wees om Tiger Woods in aksie te sien, maar hy versoek hulle om die gholfster nie aan te spoor nie – of enigiemand anders in die Amerikaanse span nie.

Scott het in agt aflewerings van die toernooi gespeel en is die enigste lid van die Internasionale span wat ook in 2011 by Royal Melbourne in aksie was, waar volgende week se toernooi aangebied word.

Woods, vanjaar kaptein van die VSA, het die wenpunt in 2011 behaal en Stuff berig Scott sê die Aussie-toeskouers was destyds te gaaf.

“Dit was verlede keer te vriendelik gewees,” sê hy.

“Om doodeerlik te wees, ons soek die voordeel van die tuisskare en ek sal teleurgesteld wees as hulle Tiger of enigiemand anders in die Amerikaanse span entoesiasties aanspoor.”

Die Internasionale span, wat deur Ernie Els aangevoer word, benodig al die hulp wat hulle kan kry. Die span was nog net een keer in die 25 jaar-geskiedenis van die toernooi, in Melbourne in 1998, aan die wenkant.

Dit is ’n jong en onervare groep in teenstelling met die Amerikaners, wat met van die wêreld se topspelers spog soos Woods, Dustin Johnson en Justin Thomas.

“Ek sê nie hulle moet swak sportmangees uitstal nie, maar ons uitdaging was nog altyd om die tuisveldvoordeel te bekom, want dit gebeur min dat sterre soos Tiger en DJ (Johnson) na Australië of Korea reis waar ons hierdie toernooie speel,” sê Scott.

“En die plaaslike toeskouers is net so opgewonde om hulle in aksie te sien soos enigiemand in ons span.

“Maar terwyl ons hulle waardeer, hoef ons hulle nie toe te juig nie.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Adam Scott  |  Presidentebeker  |  Tiger Woods  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.