Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Molinari verheug dat hy nou ’n ‘grote’ is

Dit is ongelooflik vir hom as Italianer om die Britse Ope te kon wen, veral omdat Italië nie bekend is vir sy gholfspelers nie, sê Francesco Molinari.

Tiger Woods en Francesco Molinari Sondag by die Britse Ope in aksie. Foto: Getty Images

Molinari (35) het Sondag die gesogte Claret Jug omhoog gehou – die eerste Italianer om ’n major te wen.

“Wat kan jy sê as jy na die name op die Claret Jug kyk. Dit is die beste gholfspelers in die geskiedenis, so dit is ongelooflik vir my om daar te wees,” sê Molinari.

Hy was Sondag met die aanvang van spel nog drie houe agter die voorlopers, Jordan Spieth, Kevin Kisner en Xander Schauffele, maar het ’n foutlose ronde van 69 (twee houe minder as baansyfer) gespeel, terwyl die voorlopers almal die wind van voor gekry het.

“Ek weet ek speel tans goeie gholf. My rekord hier is egter swak, so ek was nie baie optimisties oor die Ope nie. Ek het probeer om nie daaraan te dink nie, en al my fokus daarop gesit om elke dag goeie houe te slaan.”

Molinari, wat 15de op die wêreldranglys was maar nou opgeskiet het tot in die sesde plek, is vooraf deur sommige waarnemers as ’n speler beskou wat dopgehou moet word.

Hy sê hy het die eerste keer begin dink hy kan wen toe die jong Amerikaner Schauffele ’n hou op die 17de putjie verbrou het.

“Ek het gedink daar is miskien ’n 5%-kans,” sê Molinari, wat Sondag die Amerikaner Tiger Woods as speelmaat gehad het.

“Tiger was wonderlik en het goeie sportmanskap getoon. Daar is baie meer mense wat na jou kyk wanneer jy saam met hom speel,” sê Molinari wat prysgeld van $1,89 miljoen (R25,4 miljoen) in sy sak gesteek het.”

Molinari sê dis “ondenkbaar” dat hy die hele Saterdag en Sondag nie ’n enkele brouhou aangeteken het nie.

Trouens, hy het dit vir 37 putjies reggekry, met sy laaste brouhou Vrydag laat in sy tweede ronde.

Sy vertoning Sondag het baie herinner aan Nick Faldo, wat in 1987 die eerste van sy drie Ope-titels gewen het deur 18 syfers agtereenvolgens aan te teken.

Molinari het met dié sege ook seker gemaak van sy plek in die Europese Ryderbeker-span, wat Amerika in September in Frankryk die stryd aansê. – Reuters, theguardian.com, Sportredaksie

Volledige tellings ná laaste ronde

Meer oor:  Tiger Woods  |  Francesco Molinari  |  Nick Faldo  |  Britse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.