Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Nedbank-toernooi vir juniors

Suid-Afrika se voorste junior gholfspelers kry van 3 tot 5 Mei op die Gary Player-baan in die Sonstad die kans om by die spelers in die volgende Nedbank-uitdaagtoernooi aan te sluit.

Christiaan Maas van die Pretoria-buiteklub is een van die topspelers wat sy slag volgende maand in Sun City in die Nedbank-uitdaagtoernooi vir juniors sal wys. Foto: Gallo Images

Nedbank, Sun International en GolfRSA het in ’n gesamentlike verklaring aangekondig ’n Nedbank-uitdaagtoernooi vir juniors sal aanstaande maand beslis word.

Die land se voorste jong amateurs en opkomende sterre van die Suid-Afrikaanse gholfontwikkelingsraad (SAGDB) sal in die toernooi oor 54 putjies afslaan en daar sal GolfRSA- en wêreldranglyspunte (vir juniors) op die spel wees.

Altesame 78 spelers sal genooi word uit die voorste 50 spelers op GolfRSA se o.19-ranglys, die voorste vyf spelers van die gholfontwikkelingsraad en 14 ontwikkelingspelers.

Die wenner sal ’n replika van die Nedbank-toernooi se kristalbal ontvang en sal agter die skerms met die spelers gesels wanneer die 40ste weergawe van “Afrika se major” plaasvind.

Grant Hepburn, uitvoerende hoof van GolfRSA, het Nedbank en Sun International bedank vir hul volgehoue steun aan amateurgholf.

“Die krag van Suid-Afrikaanse gholf is die passie van mense en borge en die Nedbank-uitdaagtoernooi vir juniors is die perfekte voorbeeld daarvan.

“Nie net kry die voorste juniors ’n kans nie, maar ook ons opkomende ontwikkelingspelers.

“Ons is die borge groot dank verskuldig dat hulle op dié wyse verbind is tot amateurgholf in die land.” – Sportredaksie

Meer oor:  Sun City  |  Gholf  |  Nedbank-Uitdaagtoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.