Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Nóg 'n goue Sondag vir SA gholf
Garrick Higgo (regs) word deur twee van sy Suid-Afrikaanse landgenote, Justin Walters en Dean Burmester, met vonkelwyn natgespuit nadat hy die Kanariese Eilande Ope gewen het. Foto: Getty Images

Dit was nog ’n goue Sondag vir Suid-Afrikaanse gholf toe twee van die land se jong Turke die gholfwêreld aan hul voete gehad het.

Garrick Higgo, wat Woensdag eers 22 jaar oud word, het ’n vroeë verjaardaggeskenk ontvang toe hy in Tenerife, Spanje, die Kanariese Eilande-Kampioenskap met ’n ongelooflike ses houe gewen het nadat hy op 27 houe minder as die baansyfer geëindig het.

Hy het die laaste ronde in 64 houe voltooi, wat boonop ’n kolhou op die sewende putjie ingesluit het.

Aan die tuisfront het Wilco Nienaber, wat ook net 21 jaar oud is, op Fancourt in George die Dimension Data Pro-Am gewen nadat hy Sweed Henric Sturehed op die derde uitpeeltjieputjie uitgestof het. Vroeër het albei spelers op 19 houe onder die baansyfer geëindig.

Wilco Nienaber ná sy sege in die Dimension Data Pro-Am op Fancourt. Foto: Getty Images

Nienaber het op die Montagu-baan die eerste oorwinning van sy beroepsloopbaan behaal en was baie emosioneel omdat sy gesin nie daar was om sy groot oomblik saam met hom te beleef nie.

“Ek is só opgewonde en baie emosioneel,” het Nienaber aan die Sonskynreeks gesê.

“Dit kos baie harde werk om te wen. Ek is baie familievas en ons gesin het ’n baie sterk en hegte band. Baie dankie aan hulle dat ek vandag kon wen. Dis ongelooflik hoeveel hulle my ondersteun,” het Nienaber bygevoeg.

Sturehed was tweede, gevolg deur nog ’n Suid-Afrikaner, Oliver Bekker, en die Amerikaner Chase Hanna saam derde op -15.

Higgo het sy tweede oorwinning vanjaar in die Europese reeks behaal slegs 14 dae nadat hy die Gran Canaria Lopesan-Ope met ’n rekordtelling van 255 houe gewen het.

Australië se Maverick Antcliff was ses houe agter Higgo, gevolg deur die Fin Tapio Pulkkanen, met die tuisgunsteling, Spanje se Adri Arnaus, saam met Suid-Afrika se Dean Burmester, ’n Deen, Nicolai Højgaard, Engeland se Andrew Johnston en die Ier Niall Kearney saam vierde op 19 houe minder as baansyfer.

Dit was Higgo se derde oorwinning in die Europese reeks in slegs 26 toernooie.

Dit is die vinnigste wat ’n Suid-Afrikaner drie oorwinnings behaal het, uitsluitende majors en Wêreld-gholfkampioenskappe.

Dit is die vinnigste wat ’n Suid-Afrikaner drie oorwinnings behaal het, uitsluitende majors en Wêreld-gholfkampioenskappe.

Dit ewenaar ook Tiger Woods se vorige beste wat hy in 1990 opgestel het in Europese of Amerikaanse PGA-toernooie.

Nadat Burmester verlede week gewen het, is dit ook die eerste keer sedert 2012 dat Suid-Afrikaners drie opeenvolgende toernooie in die Europese reeks kon wen.

Jeez, dis ongelooflik,” het Higgo gesê.

Ek is baie dankbaar daarvoor. Dit is nie maklik om voor te loop nie.
Garrick Higgo

Die ander dag was dit die eerste keer en in gholf kan enigiets gebeur,” het hy aan die Europese reeks gesê.

Higgo het bygevoeg dat die ondersteuning en raad van die ouer Suid-Afrikaners wat saam met hom in die Europese reeks speel van groot waarde was.

Bykomende bronne: – Europeantour.com en Sonskynreeks

Meer oor:  Wilco Nienaber  |  Garrick Higgo  |  Suid-Afrika  |  George  |  Sonskynreeks  |  Gholf  |  Kampioene  |  Europese Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.