Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Olazabal dra mylpaal op aan Seve

Die Spanjaard Jose Maria Olazabal het Vrydag die horlosie teruggedraai toe hy op 55 die afsnypunt in die Amerikaanse Meesters-toernooi op Augusta oorleef het en hulde aan sy landgenoot wyle Seve Ballesteros gebring het.

Dié gholfgrote sou Vrydag sy 64ste verjaarsdag gevier het.

Jose Maria Olazabal Foto: Reuters

Olazabal, wat in 1994 en 1999 kampioen by Augusta was, het 71 houe in die tweede ronde aangeteken vir ’n totaal van 146 (2 oor baansyfer) by die halfpadmerk.

“Ek dra vlootblou en wit, wat die kleure van Seve was, en vandag sou sy verjaardag wees,” het Olazabal gesê.

“Ek weet dit is nie so uitsonderlik om die afsnypunt te oorleef nie, maar ek wil dit aan hom en al die mense wat ons vanjaar moes groet, opdra.”

Olazabal het ook sy voormalige bestuurder, Sergio Gomez, wat verlede jaar oorlede is, uitgesonder.

“Ek dink Seve sou bly gewees het. Ek mis dit dat hy nie hier is vir ’n groot drukkie nie. Ek is ’n bietjie emosioneel. Ek moet heelhartig sê dat dit in onlangse jare ’n primêre doelwit is om die afsnypunt te oorleef. Dit raak moeilik as jy sien hoe die jare verbygaan, en jy kry dit nie reg nie.”

Ballesteros, ’n vyfmalige major-wenner waaronder twee Meesters-titels, is in 2011 dood toe hy sy stryd teen breinkanker verloor het.

Hy en Olazabal was die suksesvolste paar in die geskiedenis van die Ryderbeker-toernooi en het groot welslae vir die Europese span behaal. Hulle het ’n rekord 15 keer saam gespeel en 12 punte verower. - Reuters

Klik hier vir die voorlopersbord.

Meer oor:  Augusta  |  Meesters  |  Gholf  |  Jose Maria Olazabal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.