SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Gholf
Olikheid kry Lorenzo-Vera nie onder
Mike Lorenzo-Vera van Frankryk is die voorloper ná die eerste ronde van die DP-wêreldkampioenskap in Dubai. Foto: Getty Images

Die Fransman Mike Lorenzo-Vera het die eerste ronde van die DP-wêreldkampioenskap in Doebai Donderdag met vier agtereenvolgende voëltjies afgesluit om as die voorloper van die Jumeirah-baan weg te stap.

Sy knap ronde van 63 – nege houe beter as baansyfer – was een hou beter as Rory McIlroy se poging op die eerste dag.

Hoewel Lorenzo-Vera olik gevoel het toe hy in die laaste toernooi van die Europese reeks afgeslaan het, het dit hom nie gekeer om vir sy beste telling van die jaar op sy telkaart te teken nie.

Hy was selfs in ’n stadium drie houe voor McIlroy en het oor die agterste nege net op drie putjies nie voëltjies behaal nie.

“Eerlikwaar, ek voel glad nie goed nie. Ek het geen energie nie.

“Ek het ’n longinfeksie gehad in Suid-Afrika (waar hy verlede naweek in die Nedbank-uitdaagtoernooi gespeel het) en moes sedertdien behandeling kry.

Ek het ’n longinfeksie gehad in Suid-Afrika (waar hy verlede naweek in die Nedbank-uitdaagtoernooi gespeel het) en moes sedertdien behandeling kry.
Mike Lorenzo-Vera

“Soms kom alles lekker bymekaar en vandag was een van daardie dae. Ek gaan egter steeds in al die afdelings van my spel moet verbeter, want ek sukkel met my bestendigheid.”

McIlroy het self voëltjies op die 15de en 16de aangeteken, voordat hy op die 18de met ’n driehout setperk toe losgetrek het. Die Noord-Ier het dit as sy beste hou van die jaar bestempel.

Hy het van 265 meter in pen toe die bal vyf voet van die blikkie af geslaan om sy ronde met ’n briljante arend af te sluit.

Sy telling van 64 (–8) het ook sewe voëltjies ingesluit.

Tommy Fleetwood

Die Spanjaard Jon Rahm is gesamentlik derde op 66 (sewe houe onder baansyfer), terwyl twee Engelsmanne, Tommy Fleetwood en Tom Lewis, gesamentlik vierde is op 67.

Bernd Wiesberger, die voorloper in die Race to Dubai, het sy aanslag op ’n onbestendige noot begin, maar het steeds genoeg gedoen om met ’n skaflike 70 (–2) weg te spring.

Suid-Afrika se Louis Oosthuizen is saam met Wiesberger in die gesamentlike 14de plek.

Drie Suid-Afrikaners, Richard Sterne, Christiaan Bezuidenhout en Erik van Rooyen (almal 71), is saam 21ste – agt houe agter Lorenzo-Vera. – europeantour.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.