Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Onbesonge Aussie klop Bezuidenhout
Lucas Herbert (Australië) met die Dubai Classic-wennerstrofee nadat hy Suid-Afrika se Christiaan Bezuidenhout in ’n uitspeelstryd geklop het.Foto: Getty Images

Die onbesonge Australiër Lucas Herbert het Sondag die sterk wind en reën in Dubai oorkom toe hy die Dubai Desert Classic op die tweede uitspeelputjie teen Suid-Afrika se Christiaan Bezuidenhout gewen het.

Dit was Herbert se eerste sege in die Europese reeks.

Herbert en Bezuidenhout het Sondagoggend ses houe agter die voorloper, Wu Ashun van China, afgeslaan.

Maar hulle het die gure weertoestande oorkom en albei die laaste ronde in 68 houe voltooi om op 279, nege onder die baansyfer, te eindig.

Christiaan Bezuidenhout

Bezuidenhout kon die toernooi maklik gewen het, maar hy het op die 18de putjie sy voorsprong weggegooi toe sy bal in die water voor die setperk beland het.

Hy het ’n hou aan syfer op dié syfer5-putjie afgestaan.

Herbert het dit uitgebuit en voëltjies op die 17de en 18de putjies behaal om ’n uitspeelstryd af te dwing.

Op die eerste uitspeelputjie het Herbert sy bal in die water geslaan en moes hy weer afslaan.

Hy het baie goed herstel en steeds, soos Bezuidenhout, gelyk aan baansyfer gespeel.

Op die tweede uitspeelputjie het Herbert sy tweede hou slegs sowat ses meter van die blikkie af geslaan en het hy geseëvier nadat hy suksesvol vir ’n voëltjie geset het.

Die Spanjaard Adri Arnaus, Suid-Afrika se Dean Burmester en Engeland se Tom Lewis het saam derde geëindig op 281, sewe onder baansyfer, gevolg deur Wu Ashun en die Amerikaner Kurt Kiatayma (albei 282). – europeantour.com

Meer oor:  Christiaan Bezuidenhout  |  Dubai  |  Gholf  |  Europese Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.