Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Ope-prysgeld aan verkeerde Tommy betaal

Die Britse gholfspeler Tommy Fleetwood het £120 000 (R2,1 miljoen) vir sy gesamentlike 12de plek in die Britse Ope verdien – maar die organiseerders van die Europese reeks het sy prysgeld in die bankrekening van ’n naamgenoot in Amerika inbetaal.

Tommy Fleetwood ding vandeesweek in die 100ste PGA-kampioenskap mee. Foto: Getty Images

BBCSport berig die Europese reeks het verskoning gevra vir die “administratiewe fout” wat daartoe gelei het dat ’n 58-jarige beroepsgholfspeler in Florida, ook Thomas Fleetwood, dié meevaller in sy bankrekening ontvang het.

Fleetwood, wat ook as joggie optree, sê hy het ná die foutiewe inbetaling met die 27-jarige Engelsman probeer kontak maak.

“Dit was ’n eerlike fout,” sê hy. “Ek wou my voorheen by die senior reeks aansluit, so hulle het per ongeluk my bankbesonderhede gebruik.”

Die Britse Fleetwood, wat 11de op die wêreldranglys is, ding vandeesweek in die PGA-kampioenskap by die Bellerive-klub in St. Louis in die VSA mee.

Hy sê die Europese reeks stel tans ondersoek in en dat hy seker is dat hulle taamlik sleg voel oor die fout.

“Dit is ’n snaakse storie,” sê hy.

“Ek het nog nie eintlik na die situasie gekyk nie, maar ek sal dit dophou.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Gholf  |  Tommy Fleetwood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.