Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Ope vir SA se Frittelli danksy PGA-sege
Dylan Frittelli spog met sy trofee. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se Dylan Frittelli was die laaste speler om vir vandeesweek se Britse Ope te kwalifiseer toe hy Sondag in Silvis, Illinois, die John Deere Classic-gholftoernooi met twee houe gewen het.

Frittelli het sy eerste titel in die PGA-reeks in styl beklink deur sy laaste ronde in 64 houe, sewe onder die baansyfer, te voltooi nadat hy die dag twee houe agter die voorlopers begin het.

Hy het met 264 houe (-21) klaargemaak, terwyl die Amerikaner Russell Henley se ongelooflike laaste ronde (61) gesorg het dat hy op -19 in die tweede plek eindig.

Frittelli het vinnig sy fokus op die Ope gevestig wat Donderdag by Royal Portrush in Ierland begin.

“Ek wil vanaand op die vliegtuig klim en by die Ope uitkom,” sê die 29-jarige Johannesburger.

“Hopelik kan ek kalm wees teen die tyd wat ek daar land, maar ek is seker die vlug gaan pret wees.”

Frittelli het aan die Universiteit van Texas in Austin studeer voordat hy in 2012 ’n beroepspeler geword het.

Hy het in 2017 twee titels in die Europese reeks gewen, maar hierdie is sy eerste hele seisoen in die PGA-reeks.

Frittelli het die week in die 153ste plek op die PGA-punteleer begin en was meer besorg om sy posisie te verbeter as om te seëvier. Nou het hy danksy die sege vrystelling vir twee jaar verdien.

“Dit is ’n ongelooflike gevoel om te weet ek het bietjie werksekerheid,” sê hy.

“My perspektief gaan baie verander. Dit gaan my help om bietjie meer spesifiek met my skedule te wees.”

TELLINGS:

263 - Dylan Frittelli 66-68-65-64

265 - Russell Henley 64-68-72-61

266 - Andrew Landry 65-65-67-69

267 - Collin Morikawa 70-66-65-66, Chris Stroud 68-66-66-67

268 - Charles Howell III 68-70-65-65, Vaughn Taylor 65-68-66-69, Nick Watney 68-67-64-69, Adam Schenk 67-65-66-70

269 - Joaquin Niemann (Chili) 66-69-69-65, Sam Saunders 68-69-67-65, Wes Roach 69-67-66-67, Lucas Glover 67-64-69-69, Roger Sloan (Kanada) 68-65-67-69, Bill Haas 66-68-64-71

– Reuters

Meer oor:  Gholf  |  Royal Portrush  |  Dylan Frittelli  |  Britse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.