Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Pace moet tiener van deur hou
Lee-Anne Pace

Wind en reën het gister die laaste sê gehad op die derde dag van die Suid-Afrikaanse Ope vir vroue, met spel by die Westlake-gholfklub in die Kaapse Skiereiland wat vroegmiddag reeds gestaak moes word. Die voorlopers, die Poolse tiener Pia Babnik en die Suid-Afrikaanse ster Lee-Anne Pace, was op onderskeidelik die negende en tiende putjies toe die weer speel laat staak het. Hulle deel die voortou op +2, met Nicole Garcia ’n hou agter hulle.

Babnik van Slowenië is op 17 die jongste lid van die Europese reeks vir vroue, maar het tot dusver heel tuis gelyk tussen die ouer vroue. Daar is reeds drie top10-uitslae agter haar naam, en hierdie naweek het sy die volste reg om te droom van ’n eerste sege.

Pace (40), die Europese reeks se geldwenner van 2010 en ’n negemalige wenner in dié reeks, sal egter niks op ’n skinkbord vir die tiener gee nie. Daarvoor is daar te veel op die spel.

Eerstens het sy ’n kans om die SA Ope-titel vir die vierde keer te wen, ná vorige suksesse in 2014, 2015 en 2017. Boonop is Pace tans voor op die Sonskynreeks se geldlys.  

Meer oor:  Lee-Anne Pace  |  Gholf  |  Suid-Afrikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.