Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Pace wen 4de SA Ope-titel met 1 hou
Die Suid-Afrikaanse gholfster Lee-Anne Pace het Sondag in Kaapstad die Suid-Afrikaanse Ope vir vroue met een hou gewen. Foto: Roger Sedres

Die Suid-Afrikaner Lee-Anne Pace het geskiedenis gemaak toe sy Sondag op die Westlake-gholfbaan in Kaapstad die Suid-Afrikaanse Ope vir vroue ’n rekord vierde keer gewen het.

Sy het die laaste ronde met ’n telling van 72 – gelyk aan baansyfer – voltooi om Leonie Harm van Duitsland met een hou te klop.

Pace, die voorste vrouespeler in Europa in 2010, is met die sege ook nou die voorloper in die Europese reeks se Race to Costa del Sol.

Sy het voorheen nege toernooie in dié reeks gewen en was verheug om nommer tien te vier.

“Ek is gelukkig om weer te wen. Ek het dit laas in 2014 gedoen (in die Europese reeks) en om ’n tiende sege in my loopbaan te behaal, is eenvoudig ongelooflik.

“Dit is altyd lekker om die Sonskynreeks vir vroue se seisoen hier te eindig en terselfdertyd die Europese reeks te begin. Dit is vanjaar ekstra spesiaal.”

Pace het met haar tellings van 70, 75, 73 en 72 op 290 houe vir die toernooi geëindig – twee houe swakker as baansyfer.

Harm was alleen tweede (291), terwyl Karolin Lampert, ook van Duitsland, en die Suid-Afrikaner Nicole Garcia saam derde was op 293 houe (+5).

Afgesien van al die mylpale wat Pace met die oorwinning bereik het, is sy ook nou verseker van ’n plek in vanjaar se Amerikaanse Ope vir vroue by die Olympic Club-baan in San Francisco, Kalifornië.

“Daar was die week so baie op die spel en ek kan nie méér opgewonde wees nie. Ek gaan volgende week vir my Amerikaanse visum (aansoek doen) – Olympic Club hier kom ek,” het Pace uitbundig gesê.

Garcia en die twee Duitsers het ook gekwalifiseer en sal saam met Pace in Junie in die 76ste Amerikaanse Ope afslaan. – Sportredaksie

Meer oor:  Lee-Anne Pace  |  Sa Opr Vir Vroue  |  Gholf  |  Westlake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.