Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Pappa Rahm maak dit tóg vir Meesters

Nuwe pa Jon Rahm was die laaste van die 88 spelers wat in die Amerikaanse Meesterstoernooi meeding om by die Augusta National-baan aan te kom.

Die Spaanse gholf-ster Jon Rahm het pa geword. Foto: Getty Images

Die Spaanse gholfster het verlede maand gesê hy sal nie die geboorte van sy eerste kind misloop nie en is bereid om summier weg te stap van een van die sport se gesogste byeenkomste om aan sy vrou se sy te wees vir die spesiale geleentheid.

Rahm (26), derde op die wêreldranglys, hoef gelukkig nie so ’n drastiese stap te neem nie nadat sy vrou, Kelley, Saterdag die lewe aan hul babaseuntjie, Kepa, geskenk het. Hy het dus ook die geleentheid gehad om vir ’n paar dae pa te speel voor die begin van die eerste major-toernooi van die jaar.

“Ek het van Donderdag tot Maandag nie veel geslaap nie, nie ’n enkele gholfhou gespeel nie,” sê hy.

“Weet jy, ek het dalk nie so goed voorberei soos voorheen nie, maar sielkundig is ek beslis op ’n ander plek.

“Wanneer jy onder normale omstandighede vir ’n major-toernooi voorberei, dink jy byna uitsluitlik net aan gholf. Hierdie keer, vir vier of vyf dae, was gholf nie eens in my gedagtes nie en dit is nogal verfrissend.”

Hy sê Kepa is ’n oorspronklike Baskiese naam.

“Dit is waar ek vandaan kom en Kelley het ingestem dit is ’n goeie manier om my erfenis te erken, maar ons moes eers ’n naam kry wat sy kon uitspreek! Kepa is die een waarop ons besluit het en sy hou baie daarvan,” sê Rahm.

– Reuters

Meer oor:  Jon Rahm  |  Amerikaanse Meesterstoernooi  |  Meesters  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.