Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Patrick Reed neem voortou by VSA-Ope

Die voormalige Meesters-kampioen Patrick Reed het die voortou ná die halfpadmerk by die Amerikaanse Ope geneem, terwyl Tiger Woods een van die winderige toestande se slagoffers was toe hy die afsnypunt gemis het op ’n dag wat van die spel se voorste spelers laat les opsê het.

Patrick Reed Foto: Getty Images

Reed het die tweede ronde geëindig op 70, gelyk met baansyfer, wat hom eindelik op vier onder gelaat het en ’n enkele hou voor Bryson DeChambeau.

“Ek voel my spel is waar dit moet wees. Ek voel goed,” het Reed, 10de op die wêreldranglys, gesê.

“Ek moet net op ’n paar dinge hier en daar verbeter, maar my kortspel is skerp en wanneer ek by ’n plek soos dié speel, dan is dit wat jy nodig het.”

Reed, wat die dag een hou agter die eerste ronde se voorloper, Justin Thomas, afgeslaan het, het die voortou geneem met sy voëltjie op sy laaste ronde vir die dag, waar sy hou vanuit die kuil net-net buite die putjie tot stilstand gekom het.

Waar 21 spelers, ’n baanrekord, ná afloop van die eerste ronde onder baansyfer geëindig het, was die Winged Foot-baan in New York dié slag nie só genadig nie, met DeChambeau, Bubba Watson (69) en Hideki Matsuyama (69) die enigstes uit die groep van 144 wat beter as baansyfer kon doen.

Die beste ronde van die dag het egter aan DeChambeau behoort, wat deesdae nader aan ’n NFL-speler as ’n gholfspeler lyk.

Hy het voordeel getrek uit sy monster-houe toe hy ’n arend behaal het op die negende putjie, wat 509 m strek, en dit boonop maklik laat lyk het. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Patrick Reed  |  Bryson Dechambeau  |  New York  |  Winged Foot  |  Vsa Ope  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.