Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Pepperell byt vas vir eerste Europese sege

Die Engelse gholfspeler Eddie Pepperell moes Sondag in Doha eers ’n kwaai aanslag van sy landgenoot Oliver Fisher afweer voordat hy sy eerste titel in die Europese reeks kon verower.

Eddie Pepperell met Katar-meesterstoernooi se wennerstrofee. Foto: Getty Images

Pepperel het die Katar-meesterstoernooi met een hou gewen nadat hy die laaste ronde in 70 voltooi het. Dit was 18 houe minder as die baansyfer en een hou beter as Fisher (271), wat die laaste ronde in 71 houe voltooi het.

Fisher het op die 18de putjie met ’n sethou van sowat 10 voet misluk waarmee hy ’n uitspeelstryd sou afdwing.

“Wat ’n dag,” het Pepperil gesê. “Oli het dit baie moeilik met sy tweede hou op die 18de gemaak.

“Ek was nie baie tevrede met my swaai nie, maar ek was geestelik sterk en het die hele tyd aan myself gesê dat ek sou wen,” het Pepperell aan die Europese reeks se webwerf gesê.

Swede se Marcus Kinhult was derde op 272, een hou voor die twee Spanjaarde, Gonzalo Fernandez-Castano en Pablo Larrazabal, die Fransman Gregory Havret en Italië se Renato Parator.

Suid-Afrika se George Coetzee het in die gesamentlike agtste plek (270) geëindig nadat hy 68 houe in die laaste ronde aangeteken het.

Van sy ander landgenote het Christiaan Bezuidenhout (278, 28ste) die beste gevaar, gevolg deur Jacques Kruyswijk (280) en Richard Sterne en Justin Walters (albei 281). – Reuters

Meer oor:  Doha  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.