Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
PGA verkies dat spelers inentings kry

Die PGA-reeks het volgens ’n memorandum wat deur Golfweek bekom is sy spelers en joggies aangemoedig om “so gou moontlik” teen Covid-19 ingeënt te word.

Al moedig die PGA-reeks sy spelers en joggies aan om teen Covid-19 ingeënt te word, is dit nie verpligtend nie. Foto: Getty Images

“Hoewel ons almal aanmoedig om so gou as moontlik inentings te kry, streef die PGA om entstowwe so toeganklik as moontlik te maak sodra dit vir private gebruik beskikbaar gestel word,” sê die beheerliggaam in die memo.

Die PGA het dus nie inentings verpligtend gemaak nie. Dit is ’n soortgelyke benadering tot die kwessie van entstowwe as ander Noord Amerikaanse sportligas, insluitende die NFL en NBA.

Golf Digest berig die PGA het verlede week voorlopige riglyne aan sy spelers gestuur wat bepaal dat hulle nie hoef voort te gaan om vir Covid-19 getoets te word indien hulle ingeënt word nie.

Maandag se memo het glo selfs verskeie samesweringsteorieë rakende die inentings aangespreek.

“Daar bestaan algemene wanopvattings en bekommernisse oor onvrugbaarheid, wysiging van DNS, mikroskyfies en dat individue die virus weens die Covid-19-entstof sal kry. Hierdie wanopvattings en bekommernisse is vals,” sê die memo.

Die PGA-reeks tel onder die eerste sportligas in die VSA wat teruggekeer het nadat die pandemie die sportwêreld tot stilstand gedwing het. – Reuters

Meer oor:  Inenting  |  Koronavirus  |  Gholf  |  Pga  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.