Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Phil gaan nie op hol met Slam-praatjies

Phil Mickelson glo nie sy sukses op een van sy geliefde gholfbane plaas hom in die binnebaan om later vanjaar ’n dekade lange persoonlike mylpaal in die sport te bereik nie.

Phil Mickelson het Maandag ’n vyfde keer die trofee as kampioen van die Pebble Beach Pro-Am-toernooi in Kalifornië gelig.Foto: AP

Dié 48-jarige Amerikaner poog al vir jare vergeefs om een van slegs ’n handvol spelers te word om die sport se Grand Slam te voltooi.

Hy het al die Amerikaanse Meesters (drie keer), Britse Ope (2013) en Amerikaanse PGA-kampioenskap (2005) gewen, maar ’n sege in die Amerikaanse Ope bly hom ontwyk.

Hoop het by sy ondersteuners opgevlam dat hy dié prestasie vanjaar oplaas kan vermag, nadat hy die Pebble Beach Pro-Am-toernooi in Kalifornië ’n vyfde keer gewen het.

Mickelson (-19) het Maandag met drie houe oor Paul Casey van Engeland geseëvier nadat die laaste paar putjies nie Sondag weens ’n haelstorm voltooi kon word nie.

Hy het sodoende Mark O’Meara se rekord van vyf seges in dié toernooi geëwenaar.

Die rede vir die optimisme oor sy kanse om vanjaar die Amerikaanse Ope te wen, is omdat dié toernooi in Junie op die einste Pebble Beach-baan beslis gaan word.

Die sukkelveld sal heeltemal anders wees en die setperke baie fermer. Basies gaan ons dan op ’n heel ander baan speel.

Toe Mickelson egter gevra is of sy sege daar hom enige selfvertroue gee voor die Amerikaanse Ope later vanjaar, was sy antwoord: “Absoluut geen, want die baan waarop ons in Junie gaan speel gaan hoegenaamd nie lyk soos die een waarop ons hierdie week gespeel het nie.

“Die sukkelveld sal heeltemal anders wees en die setperke baie fermer. Basies gaan ons dan op ’n heel ander baan speel,” sê Mickelson.

Volgens hom kon hy die afgelope week aggressief wees met sy dryfhoue en die setperke met sy wigysters aanval. Wanneer die baan aangepas word vir die Amerikaanse Ope, sal hy baie meer konserwatief moet speel.

Mickelson is een van drie spelers wat die beste kans het om vanjaar die Grand Slam te voltooi.

Rory McIlroy kort net die Meesters-titel, terwyl Jordan Spieth al vier major-titels op sy kerfstok sal hê indien hy die PGA-kampioenskap wen.

Die Meesters word in April en die PGA-kampioenskap in Mei beslis.

Slegs vyf spelers het al vier die moderne majors in hul loopbaan gewen: Suid-Afrika se Gary Player en die Amerikaners Gene Sarazen, Ben Hogan, Jack Nicklaus en Tiger Woods.

Mickelson het al ses keer tweede in die Amerikaanse Ope geëindig. Sy oorwinning by Pebble Beach was terloops sy 44ste toernooisege in die Amerikaanse PGA-reeks en het 28 jaar ná sy heel eerste titel gekom. – Reuters en bbc.com

Meer oor:  Gholf  |  Phil Mickelson  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.