Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Phil se 26-j.-rekord bly in die slag

Phil Mickelson tel vir die eerste keer in byna 26 jaar – 1 353 weke om presies te wees – nie meer onder die top-50-gholfspelers in die wêreld nie.

Phil Mickelson in aksie by die HSBC Champions-toernooi in Sjanghai, China. Foto: Getty Images

GolfDigest berig hoewel die Amerikaner Sondag danksy ’n wonderlike terugvegpoging gesamentlik 28ste by die HSBC Champions-toernooi geëindig het, was dit nie genoeg om te verhoed dat hy Maandag die 51ste plek op die ranglys beklee nie.

“Dit was ’n goeie lopie,” sê die 49-jarige speler met die bynaam “Lefty”.

“Ek het ongelukkig die afgelope agt maande swak gespeel, maar ek sal weer daar uitkom.”

Sal iemand ooit Mickelson se rekord kan ewenaar?

Sy landgenoot Jordan Spieth was skaars vier maande oud toe Mickelson op 23 November 1993 die eerste keer die top-50 gehaal het.

Rory McIlroy vergelyk Mickelson se prestasie met Tiger Woods se 142 toernooie in sewe jaar in die PGA-reeks sonder om onder die valbyl te beland.

“Om onder die wêreld se top-50 te tel sedert 1993, dit beteken geen beserings, geen blaaskanse, jy speel jou gholf en jy volhard,” sê die Noord-Ier.

Volhard. Dit verpersoonlik Mickelson se styl.

Hy het nooit die boonste plek op die ranglys gehaal nie, grootliks weens die teenwoordigheid van Woods, gedeeltelik omdat Mickelson nie op sy beste was nie toe Woods van stryk af gegaan het en die geleentheid geskep het.

Maar sy waarmerk is deurlopend spel van goeie gehalte, bestendigheid wat deur geen ander gholfspeler geëwenaar kan word nie.

“Dit is nogal ongelooflik as jy in gedagte hou dat hy nog in sy 40’s daar was en die hoeveelheid gholf wat mens misloop wanneer jy ’n gesin het,” sê Spieth.

“Jy is nie so skerp nie, want jy ding nie meer so gereeld mee nie.

“Ek moet vir hom meer krediet gee vir die laaste sewe tot tien jaar.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Tiger Woods  |  Gholf  |  Phil Mickelson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.