Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Phil wil só 7de 2de plek in VSA-Ope vermy

Phil Mickelson sê hy het ’n voorsprong gehad om hom weer met die Torrey Pines-baan te vereenselwig in sy poging om vandeesweek sy Amerikaanse Ope-spoke te begrawe.

Phil Mickelson oefen in ’n kortbroek vir die Amerikaanse Ope wat Donderdag begin. Foto: Getty Images

Die Amerikaanse gholfster, wenner van verlede maand se PGA-kampioenskap, het ’n rekord van ses tweede plekke in die VSA-Ope behaal. Hy het so te sê grootgeword op Torrey Pines, maar ’n herontwerp van dié baan het hom oortuig om uit sy pad te gaan om weer aan die uitleg gewoond te raak.

“Ek het verlede week ’n daadwerklike poging hier aangewend deur my aftyd op die baan deur te bring en die setperke van voor af te bestudeer,” sê Mickelson, wat met ’n sege vandeesweek sy loopbaan-Grand Slam van al vier majors kan behaal.

“So ek het verlede week baie ure op die setperke deurgebring om te kyk of ek weer daardie plaaslike kundigheid kan herwin. Ons sal sien hoe dit gaan, maar dit was baie pret om my weer met die baan te vergewis.”

Hoewel hy deesdae nie juis meer onder die gunstelinge in toernooie tel nie, het die 50-jarige Mickelson steeds die vermoë om die krane oop te draai. Sy oorwinning met twee houe in die PGA-kampioenskap het gesorg dat hy gholf se oudste major-wenner word.

Mickelson speel vir die 30ste keer in die VSA-Ope – dit is die meeste kere van enige mededinger in vandeesweek se toernooi. Hy is oorgehaal om alles moontlik te doen om hom uiteindelik saam met Gene Sarazen, Ben Hogan, Jack Nicklaus, Gary Player en Tiger Woods op die lys van loopbaan-Grand Slam-wenners aan te sluit.

“Dit is ’n unieke geleentheid want ek het nog nooit by die Amerikaanse Ope geseëvier nie. Ek het die geleentheid om my deeglik voor te berei en ek wou die regte werk insit.

“So ek het al die geraas uitgeskakel. Ek het my foon afgeskakel. Ek wil myself vandeesweek die beste kans gun om my beste spelpeil te haal.

“Goed, jy het altyd ’n bietjie geluk nodig, dinge moet in plek val, maar ek weet ek speel goed en ek wou eenvoudig myself die beste kans gun om op my beste te vertoon.” – Reuters

Meer oor:  Gholf  |  Phil Mickelson  |  Pga  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.