Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Pretorius maak stem dik in VSA-gholftoernooi

Die jong Suid-Afrikaner Ruan Pretorius was Dinsdag gesamentlik tweede in die Milton Honda Classic-toernooi by die Chattahoochee-gholfbaan in Gainesville, Georgia.

Ruan Pretorius

Hy het as amateur in die toernooi oor 36 putjies net een hou meer as die wenner, die senior James Mason, lid van Georgia se heldesaal, aangeteken. Mason het die Georgia PGA-kampioenskap van 1997 tot 2015 vier keer gewen het.

Pretorius het vanjaar tiende op die ranglys onder die Amerikaanse universiteitspelers afgesluit. Dié 22-jarige van Bloemfontein sê dit was ’n sterk veld met baie beroepspelers wat gespeel het. Hy was veral in sy noppies met sy naderhoue.

“Ek het my ysters baie goed geslaan.”

Mason, Pretorius en JP Griffin het die eerste 18 putjies almal in 69 houe voltooi, waarna die 69-jarige Mason van die Orchard Club in Clarksville met ’n 65 die toernooi met ’n totaal van 134 houe (-10) beklink het.

Pretorius van Point University en Griffin van die Capital City Club het albei 135 (-9) aangeteken.

Die verdedigende kampioen, Matt Elliott, het volgens gapga.bluegolf.com tiende geëindig ná tellings van 74 en 67.

Pretorius is die seun van die voormalige Vrystaat-snelbouler Nico Pretorius. – Johann de Jager

Meer oor:  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.