Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Puik arend vir Louis, maar steeds tweede

Die plaaslike gholfspeler Matt Jones het Sondag sy tweede titel in vier jaar in die Australiese Ope in Sydney gewen.

Sy rondte van 69 (twee minder as baansyfer) was net-net genoeg om die Suid-Afrikaner Louis Oosthuizen te stuit en met een hou te seëvier.

Matt Jones van Australië poseer met die Stonehaven-beker nadat hy Sondag die Australiese Ope op sy tuisklub in Sydney gewen het. Foto: AP

Oosthuizen kan hom ongelukkig ag, want hy het ’n skitterende 66 aangeteken nadat hy op die laaste putjie ’n arend behaal het. Jones se bal het op die 18de putjie in ’n sandkuil beland, maar hy het kopgehou en op die skoonveld ’n sethou van 1,5 m behaal om gelyk aan syfer klaar te maak.

Jones, wat die laaste ronde as die voorloper begin het, het geëindig op 269 (15 minder as baansyfer) om die toernooi by sy tuisklub te wen. Hy was ook in 2015 die kampioen.

“Dit is baie spesiaal as dit jou nasionale Ope is. Om dit twee keer te wen is iets wat ek nou skaars kan glo,” sê die 39-jarige Jones.

“Dit is ’n groot eer om jou naam op ’n trofee te hê saam met dié van Jack (Nicklaus), Gary (Player), Greg (Norman), Adam (Scott), Rory (McIlroy) en Jordan (Speith). Ek sal later in my lewe kan terugkyk en baie trots wees daarop.”

Die spelers het in die eerste twee rondes gekla oor sigprobleme weens die rook van die veldbrande om Sydney, maar wind het later die lug skoon gewaai.

Die wind het sy eie probleme vir spelers gebring, maar Jones het die toestande die beste beheer.

Oosthuizen het oor die laaste nege putjies drie voëltjies aangeteken vir ’n totaal van 270.

Aaron Pike (69) van Australië en Takumi Kanaya (71) van Japan het gesamentlik derde geëindig.

Jones, Pike en Kanaya het hul plek bespreek in volgende jaar se Britse Ope.

Oosthuizen sal selfvertroue put uit sy vertoning in Sydney. Hy speel die week vir die Internasionale span in die Presidentebeker in Melbourne. – Reuters

Meer oor:  Gholf  |  Louis Oosthuizen  |  Matt Jones
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.